Drie uitgeken wat raaiselagtige dood sterf

Die motor se uitgebrande wrak. Foto: Verskaf / SAPD

Die polisie in Limpopo het dié naweek gesê die identiteit van die drie mense wat vroeër verlede maand in raaiselagtige omstandighede dood is, is nou bekend.

Dit kom nadat ʼn man en ʼn vrou in hul 30’s verlede maand deur verdagtes ontvoer is terwyl hulle in hul Toyota Tazz in die omgewing van die Makonde-nedersetting buite Thohoyandou was. Die verdagtes het die man en die vrou in die kattebak van hul voertuig ingeboender en na ʼn afgeleë gebied naby die Matiyani-nedersetting gery. Daar is hulle noodlottig gewond en in hul voertuig aan die brand gesteek. Hulle het onherkenbaar verbrand.

Die polisie het ook op die liggaam van ʼn onbekende man ʼn paar meter van die toneel afgekom. Die man het verskeie skietwonde aan sy liggaam gehad. Ngoepe het gesê die motief agter die voorval is onbekend, maar dit sal deur nadere ondersoek vasgestel word en die moordenaars sal aangekeer word.

Ngoepe sê die oorlede persone se identiteit kan bekend gemaak word aangesien ʼn nadoodse ondersoek nou voltooi is en die forensiese deskundiges se ondersoek na die voorval ook afgehandel is.

Die twee persone wat in motor was, is uitgeken as Elekanyani Mahwasane (30) van die Kubvi-nedersetting naby Thohoyandou en Dakalo Alfheli Mudau (30) van die Tshitereke-nedersetting, ook naby Thohoyandou.

Die man wie se liggaam ʼn paar meter weg van die toneel aangetref is, is uitgeken as Magezi George Baloyi (41) van Nghezhimani.

Ngoepe sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enigeen met meer inligting word versoek om met hul naaste polisiestasie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christene ·

Dis net moord en doodslag. Die hele tyd. Wanneer gaan SA se seuns en dogters na Sy Skepper terugdraai?

JSG ·

Dan wonder die wêreld nog steeds hoekom apartheid destyds in SA ingestel is?

Michael ·

Geen beheer meer in die land nie. Dit wys jou net hoe die ANC misluk het.

Wonder ·

Hoe wreed kan die mens nie wees. Sterkte aan die families.

Wolf ·

O ja, die skuldiges is oud veterane wat skote in die lug afgevuur het om die dood van die ander oorledenis te gedenk. Miskien is ek dalk verkeerd- weet nie meer nie.

Siek ·

Maar die ANC en liberales en EFF ONTKEN dat misdaad in SA buite beheer is .. dit is boere en mense in nedersettings en oral wat nou die spit afbyt maar om die moorde op BOERE toe te smeer, smeer hulle ook hierdie moorde toe .. dis asof mense se lewens nie meer belangrik is in SA nie ..Daar word altyd eerste fout by die SLAGOFFERS gesoek .wat het hy verkeerd gedoen?? SIEK samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.