Drie uitlanders vas oor Bangladesjer se moord

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn man van Bangladesj in Ermelo, Mpumalanga met ʼn skerp voorwerp aangeval het.

“Die drie mans van Pakistan, tussen 21 en 35 jaar oud, word daarvan beskuldig dat hulle Tariq Rashid Mohamed (31) vermoor het,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die mans is Donderdag in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn klag oor ʼn bakleiery ontvang het. “Die slagoffer is reeds na die hospitaal toe geneem toe beamptes by die toneel opgedaag het,” het Mohlala gesê. “Omstanders het aan die beamptes gesê die verdagtes het met die man baklei.”

Mohamed is ʼn paar keer in sy bors, kop en rug gesteek. Hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Die verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Ermelo verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.