Drie val boer op wildsplaas aan

rowersʼn 40-jarige boer van KwaZulu-Natal is beseer toe hy Woensdagoggend op ʼn wildsplaas in die Caperdown-omgewing aangeval is.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 07:10 plaasgevind. “Die slagoffer was buite die huis doenig toe drie gewapende mans hom oorval het,” het Zwane gesê. “Die aanvallers was met vuurwapens en ʼn mes gewapen.”

Die aanvallers het hul vuurwapens op die boer gerig en hom in sy huis in gedwing. Hulle het aangedring op geld en vuurwapens. “Hulle het die huis geplunder en ʼn DVD-speler, skootrekenaar, selfone en windbuks gesteel.”

Volgens Zwane is die boer tydens die aanval met ʼn vuurwapen oor sy voorkop geslaan. Die verdagtes het te voet gevlug. Paramedici van Netcare 911 het die boer op die toneel behandel.

Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Die Caperdown-polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ansie ·

Hmmm saak van Huisbraak & Diefstal? Wat van rig van vuurwapen en aanranding? Huisbraak is tog so maklike saak, 2 weke en die dossier is weg en als “vergete” terwyl die slag offer met die trauma agterby. Van die hele ondersoek gaan net mooi niks kom nie. Dankbaar die man leef, broer kry jou eie wapen en bejeen elke persoon met agterdog. Vertou geen mens nie. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.