Drie van Boeremag bly agter tralies ná hofaansoek misluk

Dr. Lets Pretorius en twee van sy seuns, drs. Johan en Wilhelm Pretorius, tydens ‘n familiedag by die Zonderwater-gevangenis. Foto: Verskaf

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag Riëtte Pretorius, die vrou van een van die Boeremag-gevangenes, se dringende aansoek dat haar man, skoonpa en swaer vrygelaat word, met koste van die hofrol geskrap.

Die pa en seuns is in 2012 saam met 17 ander mans in die hooggeregshof in die stad skuldig bevind. Die groep wou die ANC-regering in die vroeë jare 2000 omverwerp. Ná ʼn verhoor van nagenoeg tien jaar is die beskuldigdes tot effektief tussen vyf en 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Riëtte is in 2017 getroud met dr. Wilhelm Pretorius. Sy is die projekbestuurder van die Boer Nasie Vryheid Inisiatief (Boervin) wat ʼn uitgebreide veldtog begin het om haar man en skoonfamilie vrygelaat te kry.

In haar aansoek het sy die hof gevra om haar grondwetlike en internasionaal-erkende regte te beskerm. Dit sluit in die reg op assosiasie en beskerming van haar familie en gesin.

Regter Cassim Sardiwalla het egter bevind die saak is nié dringend nie en het dit van die rol geskrap.

“Ek het nog hoop,” het sy ná afloop van die hofverrigtinge gesê.

“Dit is baie jammer wat hier gebeur het, want dit beteken daar is nie meer reg in Suid-Afrika nie. Hulle steur hulle nie aan die Grondwet en die internasionale verdrae wat hulle onderteken het nie. Hulle is toegespits op vergelding, meer as enigiets anders.”

Die 36-jarige Riëtte is swanger met haar en Wilhelm se eerste kind. Hulle is in 2017 getroud nadat sy hom in die tronk ontmoet het.

Volgens haar kan sy moontlik appelleer teen die bevinding oor dringendheid, maar sy het nog nie besluit of sy dié roete gaan volg nie. Prof. Hercules Booysen het die aansoek namens haar gebring.

Die Pretoriusse begin intussen op 18 Junie met nóg ʼn aansoek om hulle vrylating te probeer bewerkstellig. Hulle dien tans hulle vonnis uit in die Zonderwater-tronk in Cullinan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Barnard ·

Ek voel regtig jammer vir die manne, maar ek moet dit vra. Jy praat van regte ens. Van wanneer af kry mense onder korrektiewe toesig geleentheid om kinders te maak binne in die tronk? Klink my die regte is nie werklik ontneem nie?

Jol ·

Dis n voorreg vir sommige bandite, net soos dstv, internet ens.

Werner ·

Hoekom vertel jy nie almal van die onwettige dinge wat jy probeer het nie? Bankrekeninge ens?

sweis ·

Kan hulle nie medies ongeskik verklaar word soos shabir schaik of Jackie Selebe nie en dan op mediese parool gaan nie

Buks Barnard ·

Daar kom ‘n dag wanneer elke aardse regtertjie voor die Regverdige Regter sal staan om sy uitsprake en regsvergrype te verduidelik… en die Regverdige Regter se straf is ewig en verskriklik.

N Lourens Reitz ·

Dankie Buks Barnard. Ek wil met jou saam stem. Ek kry die idee die regbank soek vergelding i. v. p die interpretasie van die wet en toepassing van die grondwet korrek voorgehou.

Marius ·

Clinical Psychologist se dit dalk iets hulle het mekaar gehelp.Sy moet geskors word.

Ralph ·

Al.. ek stem volkome saam met hierdie skreiendee skandes in die regstelsel. ANC het hul sin gekry met hul sogenaamde aangestelde regters en aanklaers. En so moet hul dan ook die AN C skelm kaders uit die tronk hou en die wit “oortreders” verneder met hul gekaapte regstel. Boeremaglede, doodskis saak, Coligny “skuldiges, Penny Sparrow en so nog vele. Daardie boere het nie n druppel aan land veroorsaak wat ANC self met hul Gupta en Watson maatjies geplunder het sonder dat n vinger op hul gelê word. My mening.

George in Bloem ·

Natuurlik sal dit so wees die arme manne. Maar ek is doodseker as hulle vanne Mathebula of iets soortgelyk was,was hulle al lankal by die huis. Daar is mos deesdae 2 stelle reels in die land.

Mede Boer ·

Dis tragies dat ons broers vir so lang tydperk na ‘n tronk hel toe moet gaan net omdat hulle daai tyd al net planne beraam het om ‘n regering wat vandag deurtrek is van korrupte, bevooroordeelde skynheiliges te probeer aanvat…….geen bloed is gestort, eiendom beskadig of geweld was deur hulle uitgeoefen nie. Maar verkragters en plaas moordenaars en skelms wat belasting geld buit kry ‘n korter straf indien enige…..en nog parool na ‘n kort tyd. 19 jaar later en daai manne is basies deur die “boere” vergeet. Ek salueer hulle en bid saam dat hulle binnekort daai aaklige oranje klere kan uittrek en neerlê……..van iemand wat self oranje moes dra omdat ek terug baklei het en my “aanvaller” verneder het.

RN ·

Eerstens dankie vir Maroela Media wat my uit die moeilikheid hou deur my kommentaar te verwyder nog voor dit geplaas word. Ten minste lees julle dit. En dan wonder ek self ook oor die reels in hierdie land. Hierdie manne het nog net beplan aan iets toe is hulle tronk toe. Sommige ander mense vermoor en vermink en verkondig hoe hulle gaan moor en word nie eens vervolg nie….????? Hoe werk dit in hierdie land? Kan daai regter dalk vir ons verduidelik? En ja…ek wonder ook hoe het die vrou swanger geraak met die man agter tralies?

Francois ·

Ek so bietjie deurmekaar hierso.
Sy het Wilhelm in 2017 ontmoet nadat hy alreeds vanaf 2012 toegesluit is. Toe trou hulle en sy is nou swanger? Laat die tronke dan ‘alleentydjies’ toe vir gevangenis met hulle gades?

Werner ·

Min mens e kan raak sien dat sy gebruik word om hom agter tralies uit te kry. WIlhelm se familie het haar oortuig om te help en sy is getroud en swanger om dit as versagtende onstandighede te gebruik. Sodra hulle uit is sit sy op straat met n kind wat nie een voor kan sorg nie.

N Lourens Reitz ·

Francois ek lees jou kommentaar – hou egter in gedagte dat hierdie BOERE is al van 2003 in gevangenisskap [2003 tot 2012] aangehou sonder verhoor en in Oktober 2012 eers voorgekom en toe verhoor en daarna gevonnis . [17 jaar het nou al verloop.]

Werner ·

Ja en jy gaan staanen trou met n man in die tronk en nou wil jy sy kind groot maak. Jy is nou nes die klomp wat nie verder as jou neus kan dink nie. Maak n kind groot wat jy nie die gene van ken en ook het nie jy of hy n sent om vir die kind te sorg nie. Duidelik weet jy nie wat skoolfonds is nie. Jy het n lewe gaan op mors vir niks. Good luck

Werner ·

Net jy en jy alleen kan nie deur al die planne sien hoe jy gebruik word nie. Ek weet wie en wat hulle is.

N Lourens Reitz ·

Wener jou goeie oordeel en trou laat jou eie denke agter. As jy naby genoeg aan die vuur sit en jy ken die werlklikheid van voor 2003 dan kan jy hierdie aantygings maak. SELA!

Stem absoluut saam - sy wou met alle mag swaner raak en het self van insumunasie gepraat - nou wonder ek hoe het dit gebeur.. dowwe dolla die.. ·

Stem saam met werner – hierdie dolla is siek – ken haar – sy wou met alle mag swanger raak – niks en niemand kon haar oortuig van stupidity nie – selfs gepraat van kunsmatige bevrugting – doww dolla – wonder ook hoe het sy swanger geraak..

H ·

My man dien ook tronkstaf uit in dieselfde gevangenes. Daar is geen manier waarop hierdie vrou daar kon swanger raak nie. Daar bestaan nie sulke voorregte nie. Daar is nie eers basiese menseregte nie wat nog van voorregte.

N Lourens Reitz ·

Wener jou goeie oordeel en trou laat jou eie denke agter. As jy naby genoeg aan die vuur sit en jy ken die werlklikheid van voor 2003 dan kan jy hierdie aantygings maak. SELA!

Werner ·

EK weet baie baie goed en ken die boeremag baie beter as wat jy dink. Ek ken die een broer persoonlik.

Werner ·

Juis omdat ek weet wie en wat hul is soos ek klaar genoem het. Al kon ek help wat moet ek maak? Hulle dade hoekom hulle toegesluit is, is nie die rede nie. Wie en waarmee hulle nou besig is, is waarmee baie wat hulle werklik ken n probleem het.

Josef Slowinski ·

Ek is baie dankbaar vir hierdie manne wat die moed en oortuiging gehad het om te probeer keer vir die gemors wat die smurf pienk frikkie de klerk en sy broederbond gespuis geskep het. Ook die politici wat ‘n volk in skande gedompel het om sy vryheid weg te stem. Nog nooit in die geskiedenis het dit plaasgevind. Ons vergeet julle nie!

Josef Slowinski ·

My wieg is ver buite Suid – Afrika, maar my liefde vir die Boerevolk sal nooit verander. Maroela Media is ook deur die geheime organisasies gekaap en verwyder hulle gereeld alle kommentaar wat die waarheid ontbloot. Daarom sal dit my laaste besoek wees aan hierdie webwerf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.