Drie van een gesin in Eldorado Park gedenk

Die Goodall-gesin (Foto: Facebook)

’n Ma is gebroke nadat al drie haar kinders Woensdagoggend saam in ʼn gru-ongeluk in Eldorado Park in Johannesburg gesterf het.

David Tembe, hoof van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD), het op Twitter sy medelye met die ma, Odile Goodall van Eldorado Park, betuig.

Maroela Media het Woensdag berig oor die ongeluk waarin tien mense dood is toe ʼn minibustaxi en ʼn motor reg van voor op die R553 Golden Highway in Eldorado Park in Johannesburg gebots het. Goodall se twee dogters, Lashay (10), Learyn (11) en seun, Aiden (6), is onder dié wat in die ongeluk omgekom het. Hulle was leerders aan die Robertsham Primary School in Johannesburg.

’n Kransleggingseremonie vir die Goodall-kinders is Donderdag gehou op die plek waar die ongeluk plaasgevind het.

“My hart gaan uit na die oorledenes se families en geliefdes. Ek wil ook diegene wat in die ongeluk beseer en in die hospitaal is ʼn spoedige herstel toewens,” het Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir paaie en vervoer, gesê.

Mamabolo het ook sy kommer uitgespreek oor die bloedbad op Gautengse paaie. Hy het motoriste gemaan om ten alle tye waaksaam op die paaie te wees en padreëls te gehoorsaam.

Volgens die LUR beoog die departement van paaie en vervoer om sy veldtog vir die bewusmaking van padveiligheid op te skerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

AmY ·

Dis baie tragies.
Sterkte aan al die familie en vriende, maar veral aan die mamma.

SomeOne ·

” Hy het motoriste gemaan om ten alle tye waaksaam”, hoekom se julle nie uitdruklik die TAXI drywers moet padreels gehoorsaam nie

TRP ·

Dit was presies my gedagte ook, die dag wanneer die Taxi’s ook aan die padreels onderwerp word is die dag wat ongelukkig seerseker gehalfeer word indien nie meer nie.

NetM ·

Ja want jy kannie lekker whatshaps lees en stuur as jy bestuur en nog op die uitkyk vir taxies ook moet wees nie! Ek sien elke dag hoe so baie mense op hulle fone is en soos hulle alies bestuur.

Gail ·

So baie, baie, baie jammer vir almal wat deur hierdie nagmerrie moes gaan.
Hoe vertrou hulle weer ‘n Taxi bestuurder.
Mag Die Here julle almal troos, daar waar julle, julle geliefdes verlang.

Sterkte aan julle almal.

RB ·

Hoe hartseer dat n ma àl haar kinders in n oogwink verloor en die moordenaar kom weg met moord want die pad behoort aan hom! Dis die houding van n taxibestuurder.

Die regering is hopeloos te bang om enige stappe te neem teen die taxibedryf want hulle het te veel beheer.

Mamma, my hart breek vir jou!!

ElizeK ·

My hart is stukkend. Hoe gaan n ouer aan wat nie net een kind nie, maar al drie haar kinders op eenslag verloor.
Ek kyk na die fotos en WEEREENS dubbele sperstrepe.
Dit is asof dit in hul brein ingeweef is dat n sperstreep daar is om veilig verby te gaan!!!!!
Ek reis baie en sien dit daagliks op ons paaie.
Spandeer die geld wat op AARTO vermors gaan word en gee opleiding aan taxi, vragmotor en bus bestuurders.

Pieter J ·

Dit moet onbeskryflik erg wees vir hierdie ma. Ek weet nie hoe kom ń mens ooit in jou hele lewe oor so iets nie en dit alles net as gevolg van taxidrywers wat straffeloos net doen wat hulle wil op ons paaie.

JM ·

Die meeste taxibestuurders het geen respek vir lewe nie, jaag koorsagtig voort om soveel moontlik geld vir die dag te maak en daar word NIKS aan die saak gedoen nie.

Chantz ·

Ai Mamma daar is geen vertroosting woorde wat die seer gaan wegvat of minder maak nie. Wees net sterk en bly staan. Ek kan nie se dat tyd sal genees nie want dis n seer wat nooit ooit weggaan nie. Baie baie sterkte vir die pad wat voorle vir jouself as mens asook familie en vriende. Ek bid GOD se vertroosting oor jou Mamma dat HY jou styf sal vashou in hierdie tyd van berou

Marius ·

Baie tragies, sterkte aan die gesinne met hul verlies. Hopelik gaan Mnr Mbalula & Mnr Mamabolo nou begin wakker skrik en besef taxis hoort nie op ons paaie nie. PS! My motor se spieeltjie hoeka vanoggend deur ‘n taxi af gery ten aanskoue van Ekurhuleni Metro beamptes.

Yolandie ·

So jammer vir julle verlies. Taxi’s op Suid Afrikaanse paaie is doodskiste op wiele. Geen agting vir pad verbuikers of die passasiers wat hulle vervoer nie. Tot daai nie meer gedoen gaan word om toe te sien dat die taxi’s padvaardig en veilig is nie sal die slagting op die paaie voortgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.