Drie van gesin sterf in skietery

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Man van Oos-Londen in die Oos-Kaap veg om sy lewe in die hospitaal nadat hy ʼn skietwond opgedoen het in ʼn voorval waarin sy vrou en twee tienerkinders doodgeskiet is.

Lt.kol. Mtati Tana, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie is omstreeks 06:00 na die huis in Duncan Village ontbied nadat die bure skote uit die huis hoor kom het.

“Die vrou sowel as haar seun en dogter, onderskeidelik 13 en 14 jaar oud, se liggame is met skietwonde in die huis aangetref,” het Tana gesê. “Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die man is in ʼn kritieke toestand aangetref en het ʼn koeëlwond aan sy kop opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

ʼn Vuurwapen is op die toneel gevind, maar dit is nog nie duidelik wie dit gebruik het nie of aan wie dit behoort nie.

“Die polisie doen tans ʼn geregtelike doodsondersoek om vas te stel aan wie die vuurwapen behoort en wie se vingerafdrukke daarop is. Sodra dié bewyse ingesamel is, sal die sake wat ondersoek word daarvolgens aangepas word.”

Die motief vir die skietery is onbekend en vorm deel van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

lynette ·

Glo nie dis n Russie nie, seker maar n Suid Afrikanertjie!

Liewe heksie ·

Die lafaard kon toe nou nie so goed skiet nie RIP mamma en kinders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.