Drie van SA swaar beboet oor smokkel van bokke

Argieffoto: www.safaribill.com

Argieffoto: www.safaribill.com

Drie Suid-Afrikaners is Maandag in ʼn Zimbabwiese hof daaraan skuldig bevind dat hulle onwettig probeer het om swartwitpense na Suid-Afrika se smokkel.

Edwin Hewitt (49), Hendricks Johannes Blignaut (41) en John Herbert Pretorius (49), almal van Limpopo, is met R330 000 elk beboet. Hul straf behels ook dat hulle hul twee voertuie en 29 swartwitpense, ter waarde van sowat R4 miljoen, aan die staat oorhandig.

Die drie mans het glo ná twee jaar se onderhandelinge die swartwitpense in Zambië gekoop, waarna hulle die bokke in September vanjaar in Zimbabwe gaan oplaai het. Die voertuie wat gebruik is om die bokke te vervoer, het egter in modder naby Beitbrug vasgeval toe hulle die grens na Suid-Afrika probeer oorsteek het.

Die mans is ook daaraan skuldig bevind dat hulle die grens by ʼn onregmatige punt probeer oorsteek het. Die beskuldigdes is aanvanklik borgtog geweier, maar is Maandag vrygelaat nadat hulle gevonnis is.

Theo Bronkhorst, die Zimbabwiese jagter wat wyd opslae gemaak het in verband met die jag op Cecil die leeu, is ook in hegtenis geneem in verband met die Suid-Afrikaners se aankoop van die swartwitpense.

Hy het glo die aankoop in Zambië gereël en die swartwitpense na Zimbabwe vervoer, waar die Suid-Afrikaners die bokke opgelaai het. Sy saak word apart aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

8 Kommentare

Karolis ·

As hulle die zimbas omgekoop het om die bokke deur te bring het hulle niks oorgekom nie. Die zimbas is mos berug om vee van SA af te steel en zim toe te smokkel.

Winston ·

Daar bestaan nie iets soos vining geld maak nie manne. Dis n duur les en dalk leer julle nou.

susan ·

Te ligte straf. Moes opgesluit word en krepeer in die tronk. Hoop die ander een kry swaarder straf. Dink mos hy is onaantasbaar

Ben ·

Die bokke is gekoop, nie gesteel nie.Verkies jy dalk die doodstraf?

Chris ·

As die bokke rerig gekoop is, hoekom het hul nie deur die grenspos gekom met hulle nie

JP ·

Wens dit was die mense wat bly wild steel van Botswana boere. Hulle verryk hul self ten koste van ander. n Baie hoër straf moet uitgeryk word aan sulke boewe, Bly hul is gevang!

Piet ·

Jy en die ander spul wat so maklik oordeel en mense wat julle van g’n kant af ken veroordeel:
Die bokke is in Zambië en nie in Botswana gekoop en is op wettig wyse deur Bronkhorst in en deur Zim vervoer.
Die ANC regime hef onsinnige belastinggelde vir die invoer van hierdie diere. Geld wat in individue se sakke verdwyn.
Niemand is aangerand, vermoor of besteel in die proses nie.

Justa ·

Die “hunting mafia” in volle swang. Van die bokke is ook dood. Geen simpatie, want vir dierdie soort gaan dit net om die geld en geen empatie vir die diere nie. Hoop Bronkhorst kry n baie lang tronkstraf.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.