Drie van SAUK geskors oor hulle ‘sensuur-bevel ignoreer’

Argieffoto

Argieffoto

Die SAUK het drie senior personeellede in sy nuuskantoor met onmiddellike effek geskors omdat hulle, volgens die openbare uitsaaier, klank en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai het.

Maroela Media het van ʼn betroubare bron verneem die drie senior personeellede is Woensdagmiddag individueel ingeroep en gedwing om briewe te onderteken ter erkenning van hul skorsing. In die briewe word aangevoer hulle het klank- en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai en ʼn direkte bevel verontagsaam.

Die bevel hou verband met Hlaudi Motsoeneng , bedryfshoof van die SAUK, se aankondiging vroeër vandeesmaand dat die SAUK nie meer beelde of klank gaan uitsaai van stakers wat openbare eiendom beskadig of aan die brand steek nie.

Die drie senior personeellede is glo verder aangesê om nie kontak met enige ander personeel van die SAUK te hê nie en hulle mag nie Johannesburg verlaat nie. Hulle is onmiddellik uit die gebou vergesel en moes ook hulle toegangskaarte inhandig.

Die drie personeellede se skorsing kom ʼn dag voordat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se openbare verhoor oor klagtes, wat deur die Media Monitoring Project teen die openbare uitsaaier aanhangig gemaak is, begin. Die klagte hou verband met die besluit om nie meer beeldmateriaal van die vernietiging van eiendom tydens gewelddadige betogings uit te saai nie.

Okosa het bevind die saak moet dringend aangehoor word. Die openbare verhoor vind Vrydag om 13:00 by Okosa se hoofkantoor in Sandton plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Goeie saak vir hof ·

Dit klink na n goeie saak om die kriminele sabc en zuma bende hof toe te sleep.

Drikus ·

Dit is uiters laakbaar van die SABC. Alle joernaliste behoort op te trek en voor die SABC se hoofkantoor teen die inbraak op persvryheid te gaan betoog. Ons moet dit sommer saam met hulle gaan doen. Vat van ‘n landwye boikot teen die SABC: Geen TV lisensies verder betaal nie en geen advertensies nie?

Marlize ·

Dit klink na ‘n idee. Ek kan nie glo hierdie het gebeur nie.

Drikus ·

Gesoute joernaliste behoort soos een man saam met die burgery op te trek na die SABC se hoofkantoor en teen die laakbare inbraak op persvryheid gaan beswaar maak!! Wat van ‘n landwye boikot van TV lisensies en advertensies? Dit is absolute twak dat ons landsburgers se intelligensie en regte so misken word.

Gideon ·

Ag siestog!! En wie is die drie joernaliste!! Dit is maar die begin van vervolging!!

Pieta ·

Sjoe, dis erg as die mense sien hoe die regerende party se ondersteuners optree! So word die vrye spraak ver krag!

Adoons ·

So ewe mag hulle nie Johannesburg verlaat nie! Klink of hulle borgvoorwaardes eerder as afdankingsbriewe ontvang het.

ontbloot ·

dwing, dwang, dreig, intimidasie.het slegs die Anc Regte?

Francis ·

Moet mens nou begin om die waarheid weg te steek sodat mense nie besef hoe sleg dit eintlik met SA gaan ? Wat het geword van vreiheid van spraak ! Ons is geregtig om te sien wat in ons land aangaan !

Johann ·

Mense. Die Moetsuneng karakter voer n verwoestende mags behepte heksejag uit met volle kennisname van die hoogste gesag…hy MOET gekeer word. Demokrasie?

Magda ·

Mag nie Johannesburg verlaat nie!!!!!!! wie de hel dink die SAUK is hulle…siek verby!!!

HEVW ·

Los maar Hitler se naam hieruit. Ons het met die naakte kommunistiese werksmotodes te make. En glo my dit sal net meer fanaties toegepas word, en daar sal baie baie onskuldige slagoffers wees. Soos wat baie onskuldige mense reeds met hul lewens al geboed het. Ons is in vir n ding!!!

HEVW ·

Ja, hierdie saak is beslis n saak vir die hof. Ons hoop dat reg sal geskied.

Christo ·

Ek wonder wat se die sogenaamde Vryeweekblad se redakteur van dit, ou Connie se storie sou nie nou eers die agterblad van die Rapport gehaal het!

Charl van der Westhuizen ·

Hoe dan nou anders? Wat anders kan mens verwag as ‘n geharde krimineel in beheer is van die ANC se propagandamasjien?

Ben Prinsloo ·

In hierdie land is die stert nou al 22 jaar besig om die hond rond te swaai. Dit sal nou moet tot n einde kom of hier bly niks oor nie.

Lance ·

Die hoof van SAUK het nie matriek nie so ek verwag presies wat hier gebeur

Gertjie ·

As die drie nie tevrede is met OKOSA se besluit is nie kan hulle nog altyd SEPT nader. Mooi loop.

Bessie de Kock ·

Hoop hulle gaan hof toe Maar wat SAUK SABC nie uitgesaai of gepubliseer word nie, word in miljoene op sosiale media gepubliseer. Diktatorskap.

Inez ·

Die ironie is dat die buitelandse joernaliste nog steeds die beeldmateriaal versprei! Sosiale media en mense met kamera-fone neem dit ook af en “post” dit. Die wêreld daar buite dink ons land is ‘n grap! My skoonsus in Kanada weet meer wat aangaan in die land as ons, want HUL netwerke saai juis al die drama uit! Dit is nie meer 1984 nie, en die SABC kan nie meer alles muilband nie! Of gaan hulle nou die selfoon netwerke en internet ook blok soos China gemaak het?

Marietjie ·

Dit is maar net n sprong van katte (anc) wat op n warm plaat rondspring, is vasgedruk in n hoek. Die joke is dat daar soveel media webtuistes is wat die geweld wereld wyd kan versprei, en ek is verstom dat die kerke en pastore, predikante wat so graag die mense op hul sondes aanvat, nie n woord oor zuma, malema en die anc te se het nie. Hulle staan self agter die deur en ry op die soustrein dan se hulle, God het hulle met rykdom geseen, net soos zuma sal regeer tot Jesus kom.

hans ·

Sou graag wou hoor wat Naspers/Beeld/Rapport se joernaliste oor die skorsing gaan doen-gaan hulle betoog.

lynette ·

Marietjie, hou liewer God en predikante uit jou kommentaar want jy praat nonsense. Godsdiens en politiek gaan nie saam nie.

hans ·

Hoop die 3 joernaliste se vakbond verleen die nodige bystand om die skorsing te beveg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.