Drie van Stutterheim in hof ná geweld

Oproerige inwoners van Stutterheim het sedert die begin van die geweld in Oktober talle munisipale geboue en vragmotors uitgebrand. Foto: Facebook

Drie verdagtes kom na verwagting Donderdag voor in die landdroshof op Stutterheim op aanklagte van openbare geweld.

Kapt. Siphokazi Mawisa, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die drie (tussen 27 en 37 jaar oud) is Dinsdag op die dorp, sowat 80 km noordwes van Oos-Londen, in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ʼn brand in Hillstraat gestig het.

“Die polisie het beslag gelê op drie buitebande wat na bewering tydens protesoptrede gebruik is,” sê Mawisa.

Die DBV van King William’s Town het hul voertuig gestuur en gehelp om 15 honde en 11 katte na veiligheid op dié buurdorp te bring nadat Stutterheim se DBV geplunder is. Foto: Facebook

Die situasie op die dorp was vanoggend kalm, het sy by navraag gesê, nadat gewelddadige betogings weer begin vandeesweek opgevlam het.

In die jongste geweldsvoorvalle het sowat 20 vermomde oproermakers twee werknemers van die plaaslike DBV Maandagoggend geïntimideer en van die perseel laat vlug, waarna hulle deur die loop van die dag teruggekeer en die kantoor en huis op die perseel geplunder het.

Betogers het reeds sowat drie vragmotors op die N6 uitgebrand. Foto: SAPD

Sowat 25 katte en honde is intussen na veiligheid op die buurdorp King William’s Town gebring, maar die oproeriges het ʼn jong bok van die DBV doodgeskop en ʼn kalkoen geslag. Niemand is nog in verband met die diefstal van meubels en hondekos en opsetlike saakbeskadiging aangekeer nie.

Betogers het terselfdertyd Maandagoggend buitebande op straat aan die brand gesteek en petrolbomme gegooi nadat hulle die aand vantevore die DBV se bakkie met klippe bestook het.

Die geweldpleging het in Oktober begin.

Die geweldpleging het in Oktober begin toe werklose jong mense van die township Mlungisi beweer het die plaaslike burgemeester, Pateka Qaba, gee werk aan mense wat van buite die gebied kom omdat hyself van elders afkomstig is.

Die betogers van die township het die strate ingevaar en geboue van die Amahlathi-munisipaliteit en Amathole-distriksmunisipaliteit asook die plaaslike kliniek afgebrand. Intussen is enkele vragmotors op die N6, wat deur die dorp loop, ook uitgebrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

CS ·

En môre huil omdat vragmotors nie kos aflewer nie en ook is die kliniek nie meer daar nie.
Hul moet lekker stap na volgende dorp as hul als wil verniel.

Die volgende dorp?! ·

Hallo, die volgende dorpie is n stof kol op die N6 so 50km ver. Kleiner as stutterheim, hulle sal moet 70km ver loop om by frere te kom of by king williams town se kliniek so 60 km ver. Hulle verwoes so ver as wat hul gaan. Stutterheim was nou nog nooit die ekonomiese mecca van suid afrika nie. Ek weet, het daar groot geword. As jy wil garing of lap koop, gaan oos londen toe. Honde kos, gaan oos londen toe. Tandaarts gaan oos londeb toe. Dr, wel gelukkig is daar n sangoma wat naby is, en n dr. Maar albei mag dalk te besig wees om golf te speel. Gaan maar oos londen toe

Geregtigheid ·

ANARGIE NIKS ANDERS NIE LAND IS BUITE BEHEER DIS VREESLIK TRAGIES DAT DIE VEILIGHEIDS MAGTE NIE IUN STAAT IS OM DIT UIT TE SORTEER NIE.

Sp ·

Word hierdie tipe kriminele en vandaliste ooit behoorlik gestraf?

Tilla ·

Waarom??? Die DBV en hul personeel verleen hulp aan ieder en elk. Hoekom hulself vermom?? Geen respek vir enige lewende wese of vir inwonders van Stutterheim. Stig brande en dan wonder almal oor hoekom is die werkloosheid hoog/ekonomie sukkelend? Totale wanorde en slegs 3 gearresteer? Regtig!!

Urgh ·

Dis die tweede sarsie. Daar was al 18 gearresteer heel aan die begin… Maar daar is klippe ens gegooi om die uit te laat. Ens sluit petrol bomme in en traangas, aangesien hulle die polisie op n stadium beheer het met die polisir se EIE traangas

Zelda ·

Hul soek werk? Wie gaan sulke mense wil aanstel. Geen wonder jul sit sonder werk.

@Zelda ·

Nee, hulle wil vir ou omie Cyril ramp-paddapot sien. (Volgens my ma, wat in dardie plek woon) Hy het glo bietjie meer kommin sense as om homself vir hulle te wys. Ek blameer nie sy banggeid nie. Dan is daar ook n issue met die munisipaliteit en neputisme en “uitlanders” van Cathcart (dorpie daar naby) werk gee. En dàn sal hul dalk n ou hoog betalende werkie waardeer. Die dorp is glo so vieslig, grillerig vuil dat hulle daarmee kan begin… Iemand sal dit waardeer en hul moontlik n paar rand gee. Maandag met die nuutste betogings het my ouers gedien hoe die mense die vullis uit die asblik gooi, in die dorp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.