Drie van US bedank ná verslag oor rektor

adv-jan-heunis

Adv. Jan Heunis. Foto: Youtube.com.

Drie lede van die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) het bedank.

Dr. Jan Heunis, president van die konvokasie, Bernard Pieters, sekretaris van die konvokasie, en Daleen van Zyl, ʼn bykomende lid van die konvokasie se uitvoerende bestuur, het hul bedankings aangekondig.

Heunis het in sy bedankingsbrief aangevoer die US is in oneer gebring en dat hy nie langer kans sien om met die instelling verbind te word nie.

Dit volg nadat ʼn ondersoek na prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, hom van enige blaam onthef het.

Daar is beweer dat De Villiers op ʼn onvanpaste wyse probeer het om vir regter Edwin Cameron van die Konstitusionele Hof te oortuig om die universiteit se nuwe kanselier te word terwyl Cameron die hofsaak teen die US se taalbeleid om Afrikaans prakties af te skaf, aangehoor het.

Volgens Heunis is daar ʼn eeueoue regsbeginsel in beskaafde lande dat ’n voorsittende regterlike beampte nie met ’n party tot die saak wat voor hom of haar dien, kontak mag hê voordat die saak afgehandel is nie. “Dit het in Suid-Afrika ook gegeld. Maar voordat regter Cameron die hof se uitspraak gelewer het, was die rektor, met die voorsitter se medewete, telefonies en by wyse van e-posse met Cameron in verbinding om hom die kanselierskap van die US aan te bied.”

Prof. Wim de Villiers. Foto: US

“Dit is wêreldwyd by meeste universiteite van naam ook gevestigde tradisie dat ’n dienende rektor nie inmeng met die aanwysing van ’n kanselier nie. Die logika is duidelik. Sou die rektor se keuse nie as kanselier aangewys word nie, sou dit ’n feitlik onhoudbare verhouding tussen die kanselier en rektor veroorsaak.”

Daarbenewens was daar ook nadat die saak aangehoor en voordat ’n uitspraak gelewer is, ’n hele paar keer skakeling asook ’n persoonlike ontmoeting tussen die twee, aldus Heunis.

“Nie ’n deursigtige reddingspoging deur ’n regter wat deur die US self aangestel is, of die aanvaarding deur die raad van sy ooglopend gebrekkige verslag, kan hierdie onverkwiklike kontak regverdig nie.

“Dit kan nie met enige aanspraak op geloofwaardigheid betwis word dat hierdie gebeure, tesame met die feit dat Cameron se uitspraak ten gunste van die US waarskynlik uit ’n regsoogpunt sy swakste ooit is, die persepsie skep dat hy die US ter wille wou wees en was nie.”

Heunis het gesê hoewel De Villiers die hoop uitgespreek het dat die sage nou tot ’n einde gekom het, sal dié hoop beskaam. “Nie alleen omdat die skaduwee daarvan wyd en swaar oor die US sal hang nie, maar ook omdat die hoofregter en die waarnemende hoofregter se hantering van die saak tot dusver veel te wense oorgelaat het en nou dreig om by te dra tot die verwatering van Suid-Afrika se regstaat-status.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Louis ·

Saluut!!! Ek eer julle standpunt om nie met drek om te gaan nie of met dit geassosieer te word nie. Meer van julle nodig.

Francois ·

Ek is ‘n alumnus van die US. Ek distansieer my al geruime tyd van my alma mater en het ook alle finansiële ondersteuning van die US gestaak. Die US se versaking van Afrikaans as onderrigtaal en hul blatante omarming van Anglo-Afrosentrisme stuit my teen die bors. Ek voorsien dat die US binne enkele dekades (indien nie gouer nie) maar net nog ‘n derderangse derdewêreld universiteit sal wees.

Vaalseun ·

Baie dankie, Jan, Bernard en Daleen, en die res van die Konvokasie wat julle ondersteun het. Julle het meer as julle deel gedoen vir die toekoms van die US. Ons stel julle leiding en opoffering hoog op prys.

Werner ·

Absoluut ja. Mens is eers beginselvas, wanneer dit jou geld kos. Hierdie 3 is n voorbeeld vir ons van mense wat staan by beginsels.

Saint ·

Hier is twee sake.
n Bedanking weens verskil met.besluit maak rad tegelyk swakker vanweë bedanking en sterker deur nuwe “yes-man” aanstelling.
Die bedanker kan nou by ander instansie aansluit waar hul sienings ooreenkom en dan daar n sterker invloed uitoefen.
Dit is bekend dat organisasies deur drie fases gaan nl
Ontstaan en bewusmaking
Geweldige groei gevolg deur konsolidering en dan
Vervl omdat nuwe elemente die stigtingsvoorwaarde verwater.

Naas ·

Francois, ek is dit met jou eens. Ek ruik egter ‘n vrot eier in die ondersoek. Is dit maar net om Wim te beskerm? Maties se naam is in elk geval totie na die taal debakel.

Jan ·

Dankie tog, daar is nog mense met integriteit. Net jammer hulle is nou uitgewerk by US.
Die feit dat De Villiers “onskuldig” bevind is is op tegniese puntjies, maak nog nie sy gekonkel eties nie.

adriana ·

Hierdie vrot appels het nou die hele Universiteit se naam deur die modder gesleep – ek hoop die personeel dring daarop aan dat hulle liewer hulle tassies moet pak…..

UK ·

Ek voel my verplig om hierdie saak met mede kollegas hier in die UK te bespreek sodat hulle hier kan sien wat in Stellenbosch aangaan.
Ek hoop die Bestuur en kollegas dring daarop aan dat De Villiers bedank want hy het nog net skandes en skade oor maties gebring. Dit is ‘n feit.

JdV ·

Beste MM,
Jul berig wissel tussen “Adv.” en “Dr.” Jan Heunis. Kan daar liefs één titel konsekwent gebruik word?
Groete,
JdV

JohanR ·

En hoekom het Prof, Wim de Villiers nog nie bedank nie? In die taal van nou US se ek, “it would be the right and honourable thing to do”,

Catherine ·

Alles omtrent Maties maak my siek/naar. Wim has thrown U.S to the dogs. Sad. Sad. Sad. My geld gaan nou na Akademia. I was a student at U.S in the good days. What a tragedy.

Charlie ·

Francois, ek is Alumnus maar nie van US nie.
Om verskeie redes kan ek myself nie distansieer nie, masr origens stem ek volmondig met jou siening.
Ek kyk met groot belangstelling na die twee Afrikaansgeorienteerde en privaat gefinansierde instellings wat met rasse skrede van die grond af kom in Pretoria .(tshwane – Gauteng)
Tuks is groot en sal langer neem om te sink.
Universiteit in Potch is besig om been styf te hou – ook daar kyk ek met belangstelling na gebeure.
UOVS het reeds boedel oorgegee en sal mettertyd net nog n universiteit in Afrika word.
Dit is.my privaatsienings en as iemand.my in hietdie kolomme wil afslag – so be it

Jan Publiek ·

Sy naam is nou so sleg – dat ek hoop US besluit om hom uit te gooi want dit maak almal se naam sleg.

Werknemer ·

Ek werk by US en is skaam om te se waar ek wrk – dit is elke dag vir my ‘n stryd.
Ek hoop die man vat sy goed en loop. Daar sal dan ‘n beter atmosfeer by die werk wees en ek sal weer trots op my werkplek wees.

Kerneels ·

Selfs al bedank de Villiers ook, bly US se anti-Afrikaanse taalbeleid nog steeds van krag.

John ·

Regters waarvan almal verskriklik baie hou, wat besing word en gebotter word omdat hul die ideale voorbeelde van die ideale regters is wat nog nooit een fout gemaak het nie en demokrate en republikeine en konserwatiewes en futuriste en alle kleure van die reènboog verteenwoordig en alle mammas en pappas se lieflinge en skatte genoem kan word en geen hond of leeu ooit sal byt nie, selfs ‘n slang sal uit respek nie pik of spoeg of dooddruk nie, wat al die antwoorde ken, foutloos, skroomloos… Wat die grootse van die beste grondwette in die heelal op die punte van hul vingers en tone van agter tot voor by die inleiding kan opsè… Hierdie land is propvol van vele sulkes. Ons is trots om te kan sè… hierdie land ken van sulke manne van integriteit.

waarheid ·

Kan hierdie regter end die twee skelms wim en cameron weer voor die hof gesleep word?
Wat se die kenners?

Erick ·

Nog nooit ooghare gehad vir die plek nie. Na skool, in die 90’s, het my suster daar gaan swot en ek is toe eerder London, VK toe om te gaan werk. Selfs die ou skoolmaats wat daar was het amal so ‘air’ aan hulle gehad as hulle eers daar was. Dit bly egter hartseer dat nog ‘n grote geval het. Kan die nuwe Universiteite wat opgerig gaan word asb. in privaatbesit bly, gaan ons dié keer leer uit die lesse van die geskiedenis…

Johan Pretorius ·

Dit was `n groot fout om W de Villiers aan te stel by US. Hy sal onthou word dat hy Afrikaans op US vernietig het.

MJ Kroezen ·

gelukkig is daar nou Akademia . pas net op vir die insuipelaars. kyk wat met Volkskas geword het

henk ·

Ja, hierdie de villiers is die ondergang van hierdie universiteit – hy sal vir dit onthou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.