Drie vas in Pretoria-Wes oor vervalste dokumente

Selfdoen. Die polisie het beslag gelê op dokumente en die toerusting waarmee dit vervals is. Foto: SAPD

Die bestuur van die Pretoria-Wes-polisiegroepering loof die taktiese reaksiespan vir die inhegtenisneming van drie verdagtes in verband met die vervalsing van sertifikate wat net die departement van binnelandse sake mag uitreik.

Die polisie het gereageer op ʼn wenk wat hulle Woensdag net ná 13:00 gelei het na ʼn huis in President Burgersstraat, sowat 2 km wes van Kerkplein, sê konst. Sibongile Vuma, polisiewoordvoerder.

Twee mans en ʼn vrou, tussen 35 en 45 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op nagemaakte stempels van binnelandse sake, vervalste visums, paspoorte en asieldokumente.

Sy sê nog mense kan moontlik in hegtenis geneem word terwyl die polisie van Pretoria-Wes die saak verder ondersoek.

Al drie verdagtes sal na verwagting in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leser ·

met die departement van binnelandse sake net ‘n blok van die huis af, is daar dalk honderde vervalste paspoorte, asiel dokumente en visums al uitgereik
hoe lank gaan dit nou neem om die vervalste items / mense op te spoor
g’n wonder daars so baie buitelanders om ons

Willehond ·

Stem saam! KFC is koning! Hulle is in elk geval nie daar nie en as hulle is dan is hulle moeg geloop van KFC af!

Hein ·

Dit behoort maklik te wees om vervalste dokumente uit te ken: kyk net na die afwesigheid van foute. Dis klinkklare bewys dat die dokumente oneg is.
DHA het foute op al vier my gesinslede seonverkorte geboortesertifikate aangebring…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.