Drie vas in Swart Maandag-optog in Pta

Foto: Twitter

Drie mans is Maandagoggend in hegtenis geneem tydens die Swart Maandag-protesoptog in Pretoria.

Die mans is op die N1 naby die Botha-afrit in hegtenis geneem. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het aan Maroela Media gesê die mans is deur lede van die metropolisie genader en is daar glo vir hulle gesê hulle gaan nou in hegtenis geneem word omdat hulle ʼn hindernis op ʼn nasionale pad veroorsaak het.

Volgens Cameron was die mans deel van die voorpunt van die optog wat deur 15 motors begin is. “Die mans is toe na die Lyttelton-polisiestasie geneem en daar na ʼn kamertjie geneem. Ek en ʼn prokureur was daar by die mans toe ʼn reuserusie uitgebreek het. Hulle wou die mans selle toe neem. Ons het geweier en het gesê as hulle die mans daarheen neem moet hulle ons ook vat. Hulle het ook aangevoer die mans mag nie regshulp hê terwyl die polisie besig is om verklarings af te neem nie, wat natuurlik strooi is,” het Cameron gesê.

Die mans is toe met ʼn boete vrygelaat. Cameron het gesê hy is onseker oor wat die boetebedrag is. “Indien hulle die boete wil teenstaan moet hulle op 24 November voor ʼn landdros verskyn.” Cameron het verder aangedui hulle sal die mans met regshulp bystaan.

Supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê hulle sal later vandag ʼn verklaring uitreik met meer besonderhede. Hy wou nie in dié stadium die inhegtenisnemings bevestig nie.

Hy het die versekering gegee dat die metropolisie sal voortgaan om die situasie te monitor. “Ons respekteer die feit dat hulle mag betoog, maar veroordeel dit ten sterkste dat mense wat wil skool toe gaan om eksamen te skryf en mense wat wou werk toe gaan dit nie kon doen nie. Jou protes mag nie ander se regte skend nie. Ons sal doen wat ons moet om dit stop te sit,” het Mahamba gesê.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is deur lede van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) in hegtenis geneem. Volgens haar was hulle besig om die pad heeltemal te versper.

“Hulle is vrygelaat met ʼn boete wat hulle moet betaal of in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marisca ·

En ander mense wat lughawens toe wou gaan en vlugte gemis het en hoeveel ander kere wat “ander” optogte hand uit ruk en mense nie kon gaan werk nie????? Is daai mense ook inhegtenis geneem en boetes gegee? Ek dink ons ken die antwoorde en dis seker `n dom vraag

Maureen Brill ·

Wel, ten minste het ons “boere” niks afgebrand en skole skade gedoen nie! Kyk daar is nou maar net ‘n verskil in kultuur. Ons het nie nodig om als met geweld en klippe te doen nie. Dankie vir die mans wat braaf genoeg was om dit te doen.

Charmaine ·

Daar is ‘n baie skerp reuk van onregverdigheid hier…… gelukkig sal geregtigheid op die einde seevier

van der Merwe ·

Charmaine jy lewe in ‘n droomwêreld as jy dink dit gaan gebeur. Volgens ons regering is wit ALTYD verkeerd en swart ALTYD reg.

Theresa ·

Aan die beginpunt van 15 motors. Op die N1. Ag nee wat geregsdienaars!!!! Daar word opstandige optogte gehou wat besighede knou en mense baie kms verder ompad laat ry – los die mense as hul op ‘n ordentlike manier hul standpunt wil stel.
EN
DIt was in die media dat daardie paaie beset gaan word. FOKUS op wat tel. Brandende items in die pad van motoriste en oproerige moeilike mense is heeltemal iets anders – of verstaan ek niks??? Maar, die som is seker eenvoudig as jy weet wat jy wil bereken…

Lindie ·

Ander brand skole af en daar kan hulle ook nie exams skryf nie. So dis n swak verskooning. Ons was almal rustig en niks was skade aan gedoen nie en kyk hoe skoon was die plekke toe almal klaar was.

Margaret ·

Laat weet in watter rekening ons geld moet sit on te help met boete as dit moet!

Marius ·

Maar my magtig hulle kan mos n ander pad skool toe gaan. Hoekom juis daar waar die “”STOP MURDER FARMERS”” voertuie ry .Dit is mos nou ASPRIS EN MOETSWILLIG VAN DIE OUERS EN KINDERS OM DAAI ROETE TE VAT Hulle is regtig stupid en dom om in die konvooi roete te vat ,Met die wete dat daar maandag n optog gaan wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.