Drie verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn vir die aanval Dinsdag op ʼn kleinhoewe in Maribashoek in Mokopane, Limpopo.
Volgens kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, was die 49-jarige eienaar van die kleinhoewe in die swembad toe twee gewapende mans hom met vuurwapens genader het.
“Die mans het hom [die eienaar] na bewering uit die swembad getrek en na die huis geneem waar hulle ook sy vrou teëgekom het. Hulle het geld geëis, maar hulle kon niks kry nie. Hulle het toe met ʼn tweerigtingradio en selfoon van die toneel gevlug,” sê Ledwaba.
Die polisie is saam met die buurtwag en ʼn plaaslike sekuriteitsmaatskappy na die toneel ontbied. ʼn Soektog is na die mans van stapel gestuur, waarna drie verdagtes, onderskeidelik 26, 29 en 35 jaar oud, aangekeer is.
“Twee van die verdagtes is in hul motor op die kleinhoewe vasgetrek. Die derde verdagte het te voet gevlug en is tydens sy inhegtenisneming by die Mokopane-wildteelsentrum gewond. Hy is onder polisiebewaking na die hospitaal vervoer.”
Die polisie het op vier selfone en ʼn grys Renault-motor, wat tydens die aanval gebruik is, beslag gelê.
Die drie verdagtes sal in die Mokopane-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof.
Nog inhegtenisnemings word verwag.
- (Foto: Heritage Protection Group/Facebook)
- (Foto: Heritage Protection Group/Facebook)
Baie bly die eienaar en sy gesin is ongedeerd.
Watse persoon sal op al die goeie wense met :( reageer? Ons is heel sekerlik almal baie bly en dankbaar die gesin is ongedeerd?
Bly mense is veilig en lewe darem
Goeie nuus dat boewe bloedneus gekry het.
Hoe is daar los klippies en stokkies op die voetspoor wat nie in die grong gedruk is nie?
Die stokkies wat òp die spoor is, is wel in die sand ingetrap. Die stokkies en klippies buite die spoor lê los bo-op die sand. Die spoor op die grond is nie dieselfde as die spoor van die tekkie nie. Sommige tekkies het ‘n hol area op die hak wat kan veroorsaak dat klippies nie ingetrap word nie…soos in die foto van die spoor.
Ek kan ook sien dat dit nie ooreenstem nie. Waarom die foto’s wys as dit nie ooreenstem nie?
Word hierdie verdagte in ‘n staats hospital aangehou of kry Hy VIP treatment in ‘n privaat hospitaal?
Goed gedoen HPG en ander betrokke partye!
Oooo ! , Potgietersrus !
Kyk na die heinings in die foto. Hoe beveilig mens dan as daardie nie werk nie???
Mooi so! Sluit hulle ver weg toe vir baie lank!
Baie bly die gesin het nie beserings opgedoen nie,…. BRAVO ! vir die polisie, die buurtwag en die plaaslike sekuriteitsmaatskappy vir hul optrede en die inhegtenis neming van die skuldiges.