Drie vas ná aanval op polisie

Argieffoto: SAPD

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes deur ʼn skare van ongeveer 200 gemeenskapslede in Shallcross in Durban aangeval is.

Lede van die Durbanse blitspatrollie was Vrydag besig met ʼn operasie in die omgewing toe hulle aangeval is, het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, gesê.

Polisiebeamptes het inligting opgevolg oor dwelmhandel in die gebied. “Die beamptes is aangerand en ʼn vuurwapen is van hulle gesteel. Polisievoertuie is met klippe bestook en beskadig.”

Volgens Mbele was lede van die eenheid vir openbare orde, die nasionale ingrypingseenheid, die honde-eenheid en die lugvleuel op die toneel en is paramedici ook ontbied om die beseerde beamptes te behandel.

Sake van openbare geweld, aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal van ʼn vuurwapen en kwaadwillige saakbeskadiging is aanhangig gemaak. Die beseerde polisiebeamptes is na hospitale geneem vir mediese behandeling.

Mbele het gesê twee verdagtes, 37 en 41 jaar oud, is kort daarna in hegtenis geneem. ʼn Derde verdagte, 26 jaar oud, is ook later in hegtenis geneem nadat ʼn polisievuurwapen in sy besit gevind is. Die verdagtes sal binnekort in die Chatsworth-landdroshof verskyn.

Mbele het gesê die polisie sal nie dié soort misdadige en barbaarse optrede duld nie en die skuldiges sal wel aan die pen ry.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie ·

So die polisie sal nie duld dat kriminele hul so behandel nie? Maar die boere en hul werkers moet dit maar duld, Jan Alleman moet dit maar duld…maar nie die polisie wat die optrede moet verhoed, hulle is beter as die res, so belangrik!

Andre Stander ·

Wat my bang maak is dat wanneer die populasie nie meer hulle polisie diens vrees nie (of die nodige respek vir hulle het nie) – watse vlak van wetteloosheid en anargie volg dan….?

Koos de Meyer. ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat die polisie hulle nie self verdedig nie. As my lewe in gevaar is moet ek maar stil staan.

Jr ·

Hierdie is maar net n voorbeeld van mense wat se die polisie doen niks nie . Maar as hulle dit doen dan doen die einste grootbekke leed aan die polisie. So dit se net een ding – die mense beskerm die krimineele

All things are possible ·

Die tyd het aangebreuk dat ons die land Moet oorvat en wet en order terug bring, met die political party All Things Are Possible,ATAP bring die doodstraf terug

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.