Drie vas ná aanval op polisieman

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die polisie in die Wes-Kaap het drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn polisiebeampte wat met ʼn skerp voorwerp in die gesig gesteek is.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeampte is omstreeks 20:00 Woensdagaand naby die treinstasie in Worcester aangeval en beroof. “Die verdagtes het die beampte met ʼn skerp voorwerp in die gesig gesteek voordat hulle met sy skootrekenaar en ʼn tweerigtingradio gevlug het.”

Volgens Rwexana is drie verdagtes, onderskeidelik 18, 24 en 31 jaar oud, in verband met die voorval in hegtenis geneem. “Een van die verdagtes sal van roof met verswarende omstandighede aangekla word terwyl die ander twee verdagtes van die besit van gesteelde goedere aangekla sal word.”

Die verdagtes sal Donderdag in die Worcester-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Hoekom lei hulle polisie nie die polisie in die res van die land op nie? Dan sal die HELE LAND se polisie hulle werk behoorlik kan doen, want die res van ons land se polisie lyk onkapabel!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.