Drie vas ná ‘aanvaller’ sterf

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans, tussen 23 en 54 jaar, is oor die naweek naby Orkney in Noordwes in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 21-jarige man.

Sers. Kealeboga Molale, polisiewoordvoerder, het gesê een van die verdagtes het Saterdagaand in Kanana na ʼn toilet buite sy huis gegaan en ʼn mes saamgevat omdat die gebied onveilig is.

“Hy is deur die oorledene, Sabata Motlhaoleng, en twee medepligtiges oorweldig en aangeval toe hy uit die toilet gekom het. Die man wat aangeval is, het om hulp geroep en sy vriende in die huis het hom te hulp gesnel,” het Molale gesê.

Motlhaoleng en sy twee vriende het op vlug geslaan. Motlhaoleng is egter ingehaal, met knopkieries aangerand en met ʼn mes doodgesteek. Sy medepligtiges kon daarin slaag om weg te kom.

ʼn Klag van moord is by die polisie aanhangig gemaak en die verdagtes is in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die Orkney-landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Afgehandel voor jy kon sê ‘kierie’.
Geen administratiewe rondslomp.

Eddie ·

Hulle wou seker sy witgoud gesteel het. regtig gaan dit so erg dat jy nie eers na die troon kan gaan sonder iemand dit ook nog wil steel nie.

arie plaasboer ·

Mense, neem tog kennis dat daar ALTYD `n geregtelike ondersoek gedoen word by onnatuurlike dood van enige persoon.
Dit loop nie noodwendig uit op veroordeling nie, VERAL as jou verdediging waterdig is TEEN die gedrag van die oorledene.
Wat wel skandalig is is dat aangeklaagde persone in hegtenis geneem word en toegesluit word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.