Drie vas ná aktrise se skietdood

Thandeka Mdeliswa.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn bekende Suid-Afrikaanse aktrise.

Thandeka Mdeliswa (34) is op 3 September in ʼn huis in Evander in Mpumalanga geskiet en het twee dae later in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, is drie mans Vrydag in verband met die voorval in hegtenis geneem. ʼn 27-jarige man wat glo die sneller getrek het en nog twee mans, 24 en 29 jaar oud, sal Maandag in die Evander-landdroshof verskyn. Die 27-jarige man word aangekla van moord en die ander twee mans van die onwettige besit van die vuurwapen wat glo tydens die voorval gebruik is.

Mdeliswa was veral bekend vir haar rol as Khanya in die dramareeks Ikani wat op SABC1 uitgesaai word.

Volgens Hlathi het Mdeliswa die dag van die voorval ʼn woordewisseling tussen haar broer en twee mans gehoor waarna sy gaan ondersoek instel het. Een van die mans het toe glo ʼn vuurwapen by die ander man gegryp en Mdeliswa geskiet voordat albei mans van die toneel gevlug het.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Ons glo dat dit troos vir die familie sal bring sodat hulle afsluiting kan kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MakersMark ·

Laat asb vir blm weet van die een, sommer eff ook. Black lives matter, regtig ?

Cherokee ·

Schalk,in aansluiting met Elsabe reg onder, ek haat dit om dit te lees! Haar lewe is nèt soveel werd as diè van blankes. Askies Thandeka,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.