Drie vas ná betogers voertuig brand, winkels plunder

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

‘n Polisiestasie is beskadig, winkels geplunder en drie mense in hegtenis geneem tydens ʼn betoging oor veediefstal Woensdag in Lethabong naby Rustenburg.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê verskeie van die plaaslike polisiestasie se vensterrame is deur betogers beskadig. “Nadat ons die skare uiteengejaag het, het lede van die gemeenskap winkels geplunder. Twee mans en ʼn vrou is in hegtenis geneem en van die gesteelde items is teruggevind,” het Mokgwabone gesê.

Dit volg nadat die gemeenskap Dinsdag na bewering die polisiestasie met klippe bestook en ʼn voertuig aan die brand gesteek het. “Lede van die gemeenskap het na bewering die voertuig van ʼn vermeende veedief na die polisiestasie toe gesleep. Met hul aankoms by die stasie, het hulle glo die voertuig aan die brand gesteek,” het Mokgwabone gesê.

“Hulle het ook daarop aangedring dat ʼn verdagte wat hulle vroeër aan die polisie oorgegee het, weer vrygelaat moet word.”

Hy het gesê sake van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld word ondersoek. “Die voorval word ten sterkste veroordeel. Die polisie sal nie wetteloosheid duld nie en drastiese stappe sal gedoen word teen enige persoon wat die reg in eie hande neem.”

Die betoging is beëindig ná ʼn vergadering tussen gemeenskapslede en die polisie. Teen laat Woensdagmiddag was die gebied kalm, maar het polisiebeamptes op die toneel gebly om die situasie te monitor. Daar sal na verwagting weer vandag ʼn vergadering tussen die polisie en die gemeenskap wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

snoefie ·

het net drie mense aan die staking deelgeneem? arresteer die hele blerrie lot en gee R250 000 boetes. hulle optrede (openbare geweld, wet in eie hands neem, beskadiging van eiendoms. inbraak, diefstal, brandstigting, ) het immers meer skade aangerig as wat woorde ( crimen injuria) kan doen.

gansgat ·

ek sekondeer. ieder en elk van hierdie betogers het meer wette oortree as jackson en oostehuizen, sparrow en kruger en net drie is gearresteer? nee wat daar is geen geregtigheid in die land nie.

Mornay ·

” Die polisie sal nie wetteloosheid duld nie ” maar tog word die stasie gegooi met klipe voertuig word gebrand en dan word daar eers vergadering gehou.Is dit nie maar net wet in eie hande neem nie

marous ·

Die polisie se effektiwiteit is gereduseer tot ‘n ou tandelose kloulose leeu mannetjie wat nie eers meer ‘n muis kan vang nie. Punt

Swartkat ·

Polisie kan niks doen nie hulle word selfs in hulle eie polisie stasie vermoor – waar het jy dit al gehoor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.