Drie vas ná dwelmklopjag in Limpopo

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Drie vermeende dwelmhandelaars is Woensdag in Limpopo in hegtenis geneem tydens ʼn gesamentlike poging deur die Westenburg-polisie en die provinsie se dwelm-  en taktiese reaksie-eenheid.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het tydens die klopjag in Ivypark, Polokwane, onder meer beslag gelê op nyaope en tik, met ʼn straatwaarde van R35 000. R3 200 in kontant en 10 selfone is ook in die verdagtes se besit gevind.

Otto het gesê die verdagtes, onderskeidelik 24, 25 en 39 jaar oud, is van Nigerië. Die polisie stel tans, in samewerking met die departement van binnelandse sake, vas of die verdagtes wettig in die land is.Lt. Genl. Nneke Ledwaba, die provinsiale polisiekommissaris, het die dwelmeenheid geprys vir die sukses wat hulle behaal het. Hy het ook beklemtoon die polisie moet dringend optree teen die dwelmplaag in Limpopo.

“Dwelms is besig om die lewens van jong en briljante professionele mense te vernietig. Dwelms lei ook tot ʼn toename in misdaadsyfers soos dwelmmisbruikers desperaat word vir geld om nog dwelmmiddels te bekom,” het hy gesê. “Dit is ʼn bose kringloop en ons, as polisielede, is vasbeslote om dit stop te sit.”

Ledwaba het gesê die stryd teen dwelms is een wat die polisie nie op hul eie kan wen nie. Hy het ʼn beroep gedoen op gemeenskapslede om na vore te kom met enige inligting oor dwelmverwante misdade en aktiwiteite in hul omgewing.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag op aanklagte van dwelmhandel en die besit van dwelms in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Helen ·

Natuurlik is hulle nie wettig in die land nie? En wat gaan gebeur? Hulle gaan hand geskut word en terug gestuur word net om maar weer terug te kom en verder aan te gaan. Ons weet mos nou al hoe dit werk……

Irene ·

Polisie sal dit kan klop as hulle die gemors uit ons land uit sit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.