Drie vas ná hul glo hond onthoof en wou eet

IMG-20140620-WA002

Suzette Kotzé by een van die honde wat gered is. Foto: Verskaf / DBV

“Dit was ʼn toneel om van naar te word. Ek eet skaars sedert verlede Donderdag”. Só beskryf Suzette Kotzé van die DBV ʼn toneel waar twee mans van Nigerië en ʼn Suid-Afrikaanse vrou in ʼn gegoede woonbuurt in Klerksdorp in Noordwes ʼn hond onthoof, en wou eet het.

Kotzé, , ʼn gekwalifiseerde inspekteur van die Stilfontein Dierebeskermingsvereniging (DBV), het verlede week Donderdag omstreeks 13:30  op ʼn wenk reageer en toe sy by die perseel aankom, het drie persone reeds die hond onthoof. “Al die hond se eetbare binnegoed was in ʼn pot reg om gekook te word, en die res van die dier se karkas is gevries om later geëet te word,” het Kotzé Donderdag aan Maroela Media gesê.

Kotzé het gesê die hond kon slegs volgens sy kop as ʼn bulterriër-staffie-kruising identifiseer word, en dat die geslag nie bepaal kon word nie.

“ʼn Mediese verslag van ʼn veearts bewys dat die dier nie dood was toe dit onthoof is nie. Die hond se kop is met ʼn getande mes afgesny,” het sy bygevoeg.

Die polisie was ook op die toneel en het die drie in hegtenis geneem weens dieremishandeling.

Die DBV het twee ander honde, een reun en een wyfie Labrador-boerboel-kruising, wat op die perseel aangehou was, verwyder. “Die honde was in ʼn kamertjie buite die huis toegesluit. Die hele kamer is geteel en is as ʼn klein slaghuis gebruik. Die honde was heelwaarskynlik volgende om geslag te word.” Kotzé het gesê die hele erf was besaai met uitgedroogde hondebene.

Die drie verdagtes het Woensdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn en is elk op borgtog van R2 500 vrygelaat.

“Die hof het beveel dat hulle nie enige dier, hetsy lewendig of dood, op hul perseel mag aanhou nie,” het Kotzé gesê. “Hulle mag selfs nie vleis, soos ʼn gevriesde hoender, in hul vrieskas hê nie. Hulle moet drie keer ʼn week by die polisiestasie aanmeld, en moes hul paspoorte inhandig.”

Die saak is tot 23 Julie uitgestel.

Volgens Kotzé glo Nigeriese mans dat honde se vleis siektes soos malaria kan voorkom. “Na bewering glo hulle ook as hulle honde eet, dat hulle nie deur hekse aangeval, of vergiftig kan word nie.”

Die twee honde wat van die perseel verwyder is, is beskikbaar vir aanneming. Kotzé het gesê hulle soek ʼn spesiale huis en moet verkieslik saam aangeneem word. Mense wat belangstel om die diere aan te neem, kan haar by 079 968 9601 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Christo ·

Ek is sprakeloos. Net gisteraand gelees van n man wat n hoender verkrag het. En nou van “mense” wat n hond wou eet. Hoe Siek kan ons land nog word? Hoop hulle word toegesluit en nie net opgeskorte vonnis nie.

Elmarie ·

Dis siek! Maak my woedend dat hul se ligweg gestraf is, sluit hulle toe en gooi die sleutel weg! Barbaars!

veronica ·

ASB!!!!! HANG DIE BARABARE OP IN DIE OPENBAAR!!! WANT GLO MY; AS HULLE (NA ‘N PAAR MAANDE ) VRYGELAAT WORD GAAN HULLE DIT WEER DOEN!!!!! EK PLEIT WEEREENS; SWAARDER STRAWWE VIR DIEREMISHANDELING!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! EK DINK (MET EERBIED GESê) GOD GRIL VIR WAT HY GESKAPE HET!!!!

Grassie ·

Dit is algemene gebruik in Afrika. Ek hat eendag in Ovamboland gesien dat ‘n groepie “mense” ‘n groot bruin hond met ‘n stuk yster oor die kop slaan en terwyl hy nog tjank en skop hom net so heel in die vuur gooi en toe nog vuur bo op hom maak. ‘n Ruk later, toe hulle reken hy is gaar genoeg het hulle hom uit die vuur gehaal en die buitenste swart vekoolde dele afgetrek. Hulle het toe die binneste pienkerige vleis in repe uitgesny en net so gestaan en eet. Ek het daardie tyd gedink ek is nogal ‘n tawwerige ou maar toe ek dit aanskou het ek net daar katte geskiet en word vandag nog,30 jaar later, naar as ek daaraan dink.
Ek hoop nie Trippie lees hierdie kommentaar nie.

Trippie ·

Hallo Grassie – ja, toe lees ek dit. My binnegoed ruk weliswaar op. Het nog geensins vandag ‘n druppeltjie kos ingeneem nie, en gaan ook nie kan nie.

Vandag gaan ek my 3 hondjies nog meer liefde en aandag gee, die twee kieties ook.

Dis mos GEEN MENSE wat sulke wrede dade pleeg nie ?!?!

Met alle respek aan mense wat hul vleisie eet – geniet dit, ek bly maar vegetarieer.

Grassie, lank terug toe ek nog vleis ge-eet het, en ek sien net ‘n platgetrapte hondjie of kat, kon ek vir dae lank nie my mond aan vleis sit nie.

Maritza ·

Dis verskriklik wreed… Ek kan nie glo mense doen sulke dinge nie. So persoon moet gelos word vir ons mense van die publiek, sal ook darm like om so mes te gebruik om hom te onthoof LEWENDING. Tyd dat ons land se wette hersien word en kriminele minder beskerm word.

Gerhard Bezuidenhout ·

Skokkend en weer is Nigeriers betrokke. Dit is absoluut barbaars.

Jasper ·

Die wreedheid is een ding. Die feit dat hulle hond eet is nog n ding. Dat hulle hond se binnegoed vreet is n nare ding. Dat hulle nooit weer opgespoor gaan word nie is n feit.

Belinda ·

En dan word van ons verwag om saam die tipe mense om ‘n tafel te sit…………………geen normale mense kan die goed as mense beskou nie hulle sal hulle eie ouers ook vermoor en eet! Nee dis so siek soos wat kan kom ek is nog regtig te geskok om meer te se!

Theresa ·

Hierdie klomp snert wat hulle altyd aan glo maak my siek. Klap dit uit die goed se koppe uit. Dis net soos om ‘n jong kind te verkrag want dan sal jy nooit Aids kry nie. Demoniese pot %$#%$@

Chris ·

Wonder of hulle weet dat vleis van pedofiele en renosterstropers ‘n beter kuur is vir hulle geloof siektes as honde en hoenders?

Jeanette ·

Die Nigeriers moet ALMAL teruggestuur word waar hulle vandaan kom. Hoort nie in ons land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.