Drie vas ná hulle lyk uit kar gooi

Argieffoto: Lorraine Claasen

Drie mans is buite Brits in Noordwes in hegtenis geneem nadat daar glo gesien is hoe hulle die liggaam van ʼn vrou uit hul motor gegooi en weggejaag het.

Plaaswerkers in Sundrift buite Brits het Donderdagoggend gesien hoe drie insittendes van ʼn wit Volkswagen Golf ʼn vrou se liggaam uit die motor gooi, het kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die plaaswerkers het hul werkgewer in kennis gestel wat gevolglik die gemeenskapspolisiëringsforum en die polisie in kennis gestel het. Volgens Myburgh het vinnige reaksie van die polisie in samewerking met lede van die gemeenskap tot ʼn hoëspoedjaagtog gelei en is die verdagtes se motor op die R511 gewaar.

“Die verdagtes is uiteindelik in hegtenis geneem nadat hulle ʼn u-draai met hul motor gemaak en teen ʼn polisievoertuig gebots het. Niemand is tydens die jaagtog of botsing beseer nie.”

Volgens Myburgh word daar in dié stadium vermoed die mans het vir die vrou ʼn rygeleentheid aangebied voor hulle haar vermoor het. “Die vrou se skedel was gekraak en sy is verskeie kere met ʼn mes gesteek.”

Die drie verdagtes, tussen 30 en 49 jaar oud, sal Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Die polisie versoek enigiemand met inligting wat hulle kan help om die oorledene te identifiseer om sers. Lucky Molefe by 082 809 6722 of lt.kol. Nkgodi Chale by 082 546 0382 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ian ·

Dorothy ongelukkig nie groot genoeg vir ons skelms wat ons land regeer of wat in ons parlemant dien en die wat ook daagliks moor, verkrag en roof nie.

Piet parys ·

Soos ek alreeds gese het slegs die slagoffers se familie moet besluit wat word van die moordenaars . Tou om die nek of vuurpeleton . Tronkstraf het geen uitwerking op moordenaars nie.

chrisjan ·

En dan moet hy vir 20 jaar gevoer en gekleed word met ONS wetsgehoorsame burgers se belasting geld!NIE die regering se geld nie ,ONS sn!Dit moet end kry.

Karlahari ·

En moenie vergeet. Hulle het dan nog stemreg ook nadat hulle n ander van haar stem ontneem het….
Siek

Adri ·

Sanddrift. Hoe lank gaan die regering hierdie eskalerende misdaad toelaat? Stuur ons af op totale anargie?

Oujongvrou ·

Ons stuur nie Af op tote anargie nie, ons is klaar daar. Dis moord en doodslag van die more tot aand. Sodom was n sondagskool teen SA.

Rudolf ·

Waar kom morele waarde vandaan…? Hier is dit egter afwesig, hoekom?

GP ·

Waarskynlik buitelanders. Kry hulle hier uit en partoleer die grense. Ek weet whishfull thinking.

willem Botha ·

Die plek se naam is Sanddrif en die gpf lede het hulle gevang en aan die polisie oorhandig.

marous ·

Maaiers broei uit die verotte karkas van ‘n land , by die duisende …elke dag

Connie ·

Ons is nou die land met die hoogste misdaad syfer. Veels geluk S A.

hercu ·

we have a former terrorist organization who is also one of the most incompetent and corrupt governments on the planet and then you have
empty-headed people like these who are extatic about how “diverse” and “gender-balanced’ they are; truly a clown world we live in!!

Gert ·

Volgens inligting was hulle ook gesoek vir dwelms wat in hul huis in Ifafi gekry is met n klopjag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.