Drie mense is Vrydagmiddag in hegtenis geneem toe hulle op die polisie, wat op hul spoor was, losgebrand het.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die polisie het omstreeks 13:00 ʼn Ford Fiesta agternagesit nadat die insittendes van dié voeruig vroeër die dag probeer het om ʼn winkel in die Eastgate-inkopiesentrum te beroof.
Die polisie het die betrokke voertuig op Van Buurenweg gewaar en ’n jaagtog tussen die verdagtes en die polisie het ontstaan. Die verdagtes het in dié stadium skote op die polisie afgevuur waarna die polisie teruggeskiet het.
Volgens Makhubele het die verdagtes by die Eastgate-inkopiesentrum se parkeerterrein ingedraai waar hulle eindelik deur die polisie voorgekeer en in hegtenis geneem is.
Die polisie het op twee onwettige vuurwapens beslag gelê, het Makhubele gesê.
Die drie verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Germiston-landdroshof verskyn.
Sjoe,nie een polisie persoon raak geskiet nie?
Fantasties. Goeie opvolgwerk deur die betrokke lede.
Wys net, die staat se gesag bestaan nie meer nie. Politici en menseregte het ons waar ons is! Vasbyt, dis net die begin!
Dit is omdat die polisie lui ,en onbevoeg is die wette is nie geskrap nie die polisie doen net nie meer hulle werk nie.
Ek is baie trots op die polisie manne in blou wat die verskil probeer maak, baie dankie vir jul vasberade harde ondankbare werk. Die is vir die manne en vroue wat daardie verskil maak die kollegas met die wangedrag in media kan by jul kom leer wel gedaan.
N druppel in die oseaan 0,0001% van misdaad en misdaad in Suid afrika eindig met n positiewe storie oor die bende in blou.
Die polisie en die kriminele is dieselfde hoe onderskei ons tussen goed en sleg hier???
Dit is deesdae baie gevaarlik om in die spogbuurt wat Bedfordview is, rond te ry. Gangsters net waar jy kyk.