Drie vas ná hulle vrou glo op kleinhoewe aanval

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou Woensdag op ʼn kleinhoewe naby Thohoyandou in Limpopo oorval, aangerand en in die veld in gesleep is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes is in Thohoyandou in hegtenis geneem en dat die goedere wat tydens die aanval gesteel is, teruggekry is. Die verdagtes, tussen 22 en 25 jaar oud, sal Maandag in die hof verskyn.

Maroela Media het gister berig dat Trish Ehlers (29) omstreeks 13:00 deur rowers in haar huis oorval is. Haar man, Chris, was nie ten tyde van die voorval by die huis nie. Wessel Basson, hoof van aktivisme by Front Nasionaal, het gesê Ehlers is met
ʼn mes aangeval en met ʼn knopkierie oor die kop geslaan. “Sy het twee steekwonde in haar hande opgedoen terwyl sy probeer keer het.” Die rowers het haar daarna glo vasgemaak en in die veld langs die huis in gesleep. Hulle het daarna met ʼn skootrekenaar, ʼn selfoon, beursie en twee gewere op die vlug geslaan.

Volgens Basson sterk Ehlers tans by die huis aan, maar sy is erg getraumatiseer. Die Ehlers-egpaar boer met brahmaan-stoetbeeste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Debs ·

Dankie vir die SAP se flinke optrede ….. alle sterkte aan die gesin. Watter straf wag ….

Dave ·

Ons weet dinge is baie sleg in die land en dat swakkelinge die regering en die reg beheer maar jòu tipe kommentaar is *sinneloos* en beindruk beslis bloot slegs jouself. Jou skuilnaam getuig van ‘n gebrek aan verbeelding en presiès so doen jou soort van kommentaarlewering ook. Probeer asseblief om sin te praat want jy is tussen grootmense.

pieter viljoen ·

Dave vertel vir ons, is jy n agent vir die polisie of n agent vir die cANCer. Anders sal jy nie jou volksgenote so anval nie, want jy kan net grootbek wees op n afstand.

Kathleen ·

Lekker. Geluk aan die polisie. Wens net dit kon met al die aanvalle so gewees het. Hoop net hul kom nie gou weer los nie.

Pierre ·

Oor ‘n paar weke is hulle weer op straat, reg vir die volgende aanval.

Dave ·

Ek wonder somtyds of pessimiste soos jy nie dalk bydra tot die moeilikheid waarin die land is. Julle skep ‘n negatiewiteit waarsonder ons kan doen. Ons is opgeskeep met ‘n onbevoegde regering, mense wat lieg en hulself as konserwatief bestempel maar DA stem, ‘n regstelsel wat minimum vonnisse toepas, blankes wie se grootste ambisie is om 7de Laan vannaand te kyk, en pessimiste wat nadat beurtkrag ophou, steeds die ligte dim.

pieter viljoen ·

Dave mense soos jy is deel van die probleem. Wat het jy al gedoen om die probleem te verander, behalwe om jou volks genote af te kraak. Ons weet jy stem vir die cANCer. Die dat jy hulle so beskerm

anti dave ·

Ag Dave asseblief. ….moet jy jou been lig op almal se komentaar… kom by.

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

I am however directing a very simple but a humble and an earnest request to all negative people and those who do not have a single good thing to say about our democratic government to take their dirty bags and just get out of our beautiful and beloved country with a very competent democratic government.” Mag al die negatiewes in daardie hoeke van swartgalligheid sterf en nie, ons land bedorwe met hulle rassistiese en ongevraagde negatiewe opmerkings nie. Ons het nie sulkes in SA, nodig nie. Just take your bag and get out or live without us who want to see SA, succeeding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.