Drie vas ná Ikemeleng-betoging

Foto: Molaole Montsho

Drie persone is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld ná ʼn betoging in Ikemeleng, Kroondal naby Rustenburg in Noordwes.

“ʼn Vrou en twee mans is in hegtenis geneem,” het kapt. Elsabe Augoustides, woordvoerder van die polisie, gesê. Hulle sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

Inwoners van Ikemeleng, hoofsaaklik jongmense, het Donderdag die strate ingevaar en geëis om met die premier van die provinsie, Job Mokgoro, te praat. Die betogers het die pad versper ná ʼn vergadering Woensdag tussen die groep, die Rustenburg-munisipaliteit en mynboumaatskappye ʼn dooiepunt bereik het.

“Ons het Woensdag na die munisipaliteit toe gegaan vir ʼn vergadering. Die mynboumaatskappye was nie teenwoordig nie,” het ʼn jeugleier, wat homself slegs as Pule geïdentifiseer het, gesê. “Ons het uit daardie vergadering gestap en besluit om Kroondal Donderdag tot ʼn stilstand te bring totdat die premier na ons kom luister, want die munisipaliteit het ons versaak.”

Hy het gesê hulle wil ʼn hoërskool in Ikemeleng hê. “Hoërskoolleerlinge moet ver stap om die Tirelong Secondary School by te woon.” Ongeveer 374 skoliere is in dié plaasskool wat Ikemeleng, naburige plase en informele nedersettings bedien.

Polisiebeamptes is met klippe bestook toe hulle die pad wou opruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Voter ·

En hulle het mos gestem vir hul premier, so wie moet hulle blameer……….??????? Breinbesering ? Of wat??????

aj ·

Dis intimidasie, afpersing, teistering en sabotasie van die munisipaliteit … dis geen ‘PROTES’!

En die enigste doelwit is om nog meer GRATIS luukshede af te pers waarvoor die minder-wordende belastingbetalers MOET betaal.

Nêrens in Afrika kry 17 miljoen mense toelaes, gratis water, elektrisiteit, huise, skole, medies en Vigs medikasie!

Daarom stroom die hele Afrika hierheen!

Die gratis ALLES is nou óp … die staat is bankrot …. die gratis ALLES word nou gefinansier met geleende geld van die VSA en ander Westerse lande.

Dis onvolhoubaar.

sweis ·

Drie gearresteer wat n grap daar was honderde wat klippe gegooi en voertuie aan die brand gesteek het en die drie was seker die oudste en swakste en daarom is hulle gearesteer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.