Die polisie in die Noordoos-Kaap het flink opgetree ná ʼn inbraak op ʼn plaas en drie verdagtes aangekeer.
Twee speurders van die polisie op Dordrecht, ao. Boniswa en Strydom, het inligting opgevolg ná die voorval tussen 18 en 20 September op die plaas Bothashoek in die distrik, sê kapt. Ursula Roelofse.
Sy sê die verdagtes het na bewering by ʼn skuur ingebreek en ʼn kragopwekker, ʼn sweismasjien, ʼn kompressor, ʼn slypmasjien, ʼn boor en nog gereedskap ter waarde van altesaam R23 000 gesteel.
Nadat die speurders Vrydag ʼn wenk opgevolg het, het hulle gesteelde goedere ter waarde van sowat R20 000 teruggekry en drie verdagtes in hegtenis geneem, sê Roelofse. Hul ouderdomme wissel van 20 tot 25.
Die drie bly in aanhouding tot en met hul eerste verskyning in die Dordrechtse landdroshof op Maandag 1 Oktober.
Kol. Matshidiso Gezani, hoof van die Elliot-polisiegroepering, het die beamptes vir hul werk geloof en die gemeenskap bedank vir die inligting wat tot die inhegtenisnemings en die opsporing van die gesteelde goedere gelei het.
Dis so raar dat SAP iets terug kry dat dit nuus raak? Wens dit was my eiendom en geluk aan die speurders julle verdien julle salaris!
Mooi SAPD !. Wens daar was meer fluitjieblasers.
Hoekom wil die media nie die ware feite gee oor plaas aanvalle, hoekom help die media om hierdie grootskaalse mense regte skending weg te steek?