Drie vas ná jaagtog, botsing

Argieffoto ter illustrasie

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle Vrydagoggend vroeg glo ’n vuurwapen op polisiebeamptes in Kaapstad gerig het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes van die Mitchells Plain-polisiestasie was besig met ʼn roetinepatrollie toe hul omstreeks 06:00 ’n verdagte liggroen Toyota Corolla opgemerk het. Twee van die insittendes het vuurwapens in hul hande gehad.

“Die bestuurder van die voertuig het ’n vuurwapen op die polisielede gerig voordat hy weggejaag het. Die beamptes het die motor agternagesit en skote op die motor afgevuur.”

Volgens Van Wyk het die bestuuder van die motor later beheer oor die voertuig verloor en teen ’n lamppaal op die hoek van Merrydale en Potezstraat in Rocklands gebots.

Drie van die insittendes is daarna in hegtenis geneem van wie twee beserings in die botsing opgedoen het. Dié is na ’n hospitaal geneem waar hulle tans onder polisiebewaking behandel word.

Daar is op ’n vuurwapen en ammunisie in die motor beslag gelê.

Die verdagtes, onderskeidelik 25, 29 en 44 jaar oud, staan nou tereg op aanklagte wat verband hou met die rig van ’n vuurwapen asook die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in ’n hof verskyn op dié aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Goeie werk manne.

Flip

Nee maar lekker boys. Toe vang slim sy baas….

JohanR

Lyk my daar was maar nie te veel tussen die regte en linker ore van die drie nie. Miskien was hulle 10 percenters….elkeen 10% dan word dit ‘n 30 percenter!

Stefaan

Twee het vuurwapens in die hand gehad, maar die Polisie het net beslag gelê op ‘n vuurwapen.
Iets rym nie.