Drie vas ná Jhb-sakeman se verdwyning

Wayne Johnson Smith word steeds vermis. (Foto: Facebook)

Drie verdagtes sal Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van kaping en ontvoering in verband met die verdwyning van Wayne (Johnson) Smith.

Die drie verdagtes is reeds vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem en het op 23 Julie die eerste keer in die hof verskyn, het kapt. Tintswalo Sibeko, woordvoerder van die polisie, bevestig.

Die verdagtes sal Dinsdag om borgtog aansoek doen. Hulle staan in dié stadium tereg op aanklagte van kaping en ontvoering. Die polisie wou geen verdere inligting bekend maak nie weens die sensitiwiteit van hul ondersoek.

Daar is intussen steeds geen teken van Smith, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Konferensiebedryf (Saaci), nie.

Smith, ʼn bestuurder by Scan Display, het op 12 Junie omstreeks 12:00 vir sy werksmense gesê hy gaan gou vir ’n uur uit die kantoor wees. Charl Smith, Wayne se lewensmaat, het nog vroeër die oggend met hom kontak gehad.

Charl het die betrokke oggend omstreeks 10:20 vir die laaste keer met Wayne gesels en geweet dat Wayne in die loop van die dag winkels toe moes gaan om ’n hemp en ’n das te koop vir ’n troue wat die egpaar daardie naweek sou bywoon.

Charl en Wayne. (Foto: Facebook)

Charl het deur die loop van die dag verskeie kere tevergeefs met Wayne kontak probeer maak en het hom vroegaand as vermis by die Rosebank-polisiestasie aangemeld. Hiér was hy nog besig om die papierwerk in te vul toe ’n private speurder wat Wayne se werk aangestel het, gebel het om te sê dat Wayne se selfoonsein in Tembisa opgevang is.

Dié selfoon kon egter nooit opgespoor word nie, maar wat die polisie wel tans weet, is dat die foon toe in Tembisa verkoop is. Later sou die polisie ’n man ondervra wat Wayne se simkaart in sy foon gehad het. In die loop van die afgelope maand sou foto’s van Wayne se motor, ’n silwer Renault Clio, ook opduik waarin dit te koop aangebied word.

“Daar word baie gepraat oor die motor en oor die selfoon, maar daar is nog nie een woord oor Wayne nie. Dít is wat my rasend maak. Nêrens het iemand hom gesien nie. Jou kop sê vir jou een ding en jou hart sê iets anders. Jy besef die tyd stap aan,” het Charl gesê.

Die saak is kort ná Smith se verdwyning na die provinsiale polisiekantoor vir verdere ondersoek verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

leser ·

as smith nou nog as vermis aangegee word, waarom sal die 3 wat inhegtenis geneem is, aansoek doen om borg
wat weet hulle van smith se verdwyning af, waarom borg toestaan, om nog iemand te laat verdwyn en te “vermoor”
maar natuurlik, hulle kan mos nie skuldig bevind word nie, regstelsel is net teen wit

Bekommerd ·

Iets maak nie sin nie? Die man is gekaap, ontvoer en sy kar en selfoon in Tembisa te koop aangebied. Die res is voor die hand liggend. Gaan lees die kaping en ontvoering van Carl Reich…. dieselfde patroon.

Ekke Dink ·

Leser jy is reg, kom ons probeer positief bly,
Die drie aangekeerdes moet borgtog gewyer word todat die vermiste gevind word of todat die perde horings kry.

Pik ·

Stem maar kom ons kyk wat gebeur gelukkig kan ons dink wat ons wil solank ons dit nie skryf of se nie

Genoeg ·

Dit is ‘n duister saak. Hoop waarlik dat die saak spoedig opgelos sal kan word, sodat sy naas bestaandes gemoedsrus kan kry.

Lientjie ·

Net jammer ons as die lesers hoor nooit die uiteinde van hierdie sake nie. Sal MM ons asb op hoogte hou met alle vorderinge ivm sulke sake.

honourable member ·

Dan moet hulle mos kan se wat hulle met hom gedoen het.

Oujongvrou ·

Hy is daar buite ja, maar helaas ek dink nie dit gaan goed wees nie .????

andries makopa ·

Kom ek se gou nou vir julle , die is uitlanders , ons grense staan mos oop , jy an vir 50 rand in die land kom ,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.