Drie mans is in hegtenis geneem nadat paramedici in Khayelitsha beroof is.
Maroela Media het vroeër berig die paramedici van die provinsiale nooddienste is van hul selfone beroof toe hulle ʼn pasiënt in Khayelitsha, Kaapstad, behandel het.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê die polisie het die volgende dag ʼn wenk van die gemeenskap ontvang die twee 19-jarige verdagtes is in hegtenis geneem. ʼn Speelgoedpistool, wat vermoedelik tydens die rooftog gebruik is, is gekonfiskeer.
“Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van die derde persoon gelei, wat die gesteelde items in sy besit gehad het, nadat hy dit na bewering by die twee oortreders gekoop het,” het Van Wyk bygevoeg.
Die drie mans sal Vrydag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn op aanklag van roof met verswarende omstandighede.
Vat so julle gemors! Hoop julle het ‘n wonderlike lewe!
Sluit hulle toe vir 20 jaar