Drie vas ná Kaapstad-paramedici beroof is

Die gesteelde goedere waarop die polisie beslag gelê het nadat die paramedici in Khayelitsha beroof is (Foto: ANA)

Die gesteelde goedere waarop die polisie beslag gelê het nadat die paramedici in Khayelitsha beroof is (Foto: ANA)

Drie mans is in hegtenis geneem nadat paramedici in Khayelitsha beroof is.

Maroela Media het vroeër berig die paramedici van die provinsiale nooddienste is van hul selfone beroof toe hulle ʼn pasiënt in Khayelitsha, Kaapstad, behandel het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê die polisie het die volgende dag ʼn wenk van die gemeenskap ontvang die twee 19-jarige verdagtes is in hegtenis geneem. ʼn Speelgoedpistool, wat vermoedelik tydens die rooftog gebruik is, is gekonfiskeer.

“Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van die derde persoon gelei, wat die gesteelde items in sy besit gehad het, nadat hy dit na bewering by die twee oortreders gekoop het,” het Van Wyk bygevoeg.

Die drie mans sal Vrydag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.