Drie vas ná kaping waarin polisieman sterf

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie verdagtes sal na verwagting vandag in die Temba-landdroshof naby Hammanskraal verskyn op aanklag van moord, kaping en gewapende roof.

Maj. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes is Donderdag in Temba in hegtenis geneem nadat die polisie verskeie leidrade opgevolg het. Die inhegtenisnemings volg nadat konst. Sello Machete (36) verlede Vrydagaand doodgeskiet en sy vriendin gewond is.

Volgens Mngomezulu het Machete die aand by sy vriendin in Stinkwater gekuier en het hulle buite die huis in sy amptelike motor gesit. Twee mans het glo die motor genader en op Machete en sy vriendin losgebrand. Die verdagtes het glo hierna Machete se dienspistool gesteel en hom en sy vriendin uit die motor geruk voordat hulle weggejaag het.

Mngomezulu het gesê die motor is later ʼn paar kilometer verder gevind. Daar word vermoed dat die motief vir die moord was om ʼn vuurwapen te steel. Volgens Mngomezulu het die verdagtes geen vuurwapens in hul besit gehad toe hulle in hegtenis geneem is nie. Daar word intussen ook steeds gesoek na Machete se dienspistool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anet ·

Ek vra maar net. Hoe is dit moontlik dat ‘n konstabel kan gaan kuier by sy vriendin met sy ampsmotor?, of het dit ook nou verander dat hulle as hulle nie aan diens is nie, met die ampsmotors gaan rondrits

Dave ·

Jy het raakgesien van vele lesers gaan mis lees, Anet. Die polisie behoort daaroor ‘n verklaring uit te reik.

scalla ·

Hy moet seker n baie slim konstabel wees om te kwalifiseer vir n ampsmotor, maar nie slim genoeg om te verhoed dat sy dienspistool gesteel word nie.

Se Maar Net ·

Nee dit is deel van die pakket.
Daar word gemaak net soos hulle wil. Belasting geld!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.