Drie vas ná klopjag op internetkafee

Argieffoto

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Dinsdagaand gesê drie mense is in hegtenis geneem vir die onwettige vervaardiging van motorlisensieskyfies ná ʼn klopjag op ʼn internetkafee in Johannesburg.

Simon Zwane, woordvoerder van RTMC, sê die klopjag was deel van dié organisasie se voortdurende poging om korrupsie aan te pak en die aantal onpadwaardige voertuie wat weens onwettige bedrywighede op Suid-Afrikaanse paaie is, te verminder.

Die klopjag is deur die nasionale teenkorrupsie-verkeerseenheid uitgevoer.

“Tydens die klopjag is daar beslag gelê op rekenaars en drukkers wat na bewering gebruik is om onwettige lisensieskywe te vervaardig vir niepadwaardige voertuie wat nie ʼn padwaardigheidstoets sou slaag nie,” het hy gesê.

Zwane sê die owerhede het ook beslag gelê op valse bankstate en betaalstrokies wat vermoedelik gebruik is om krediet by banke te verkry.

“Die RTMC werk onvermoeid om onpadwaardige voertuie wat ongelukke en sterftes op ons paaie veroorsaak, van die paaie af te kry. Ons moedig almal aan wat betrokke is by die verspreiding van dié vals lisensieskywe om saam met die wetstoepassingsowerhede te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.