Drie vas ná lodge langs wildtuin afbrand

(Foto: Facebook)

Drie mans verskyn na verwagting Dinsdag in die Kanyamazane-landdroshof in verband met die brandstigtingvoorval by die Bongani Mountain Lodge in Mpumalanga.

Die lodge, wat op die grens van die Krugerwildtuin en in die Mthethomusha-wildreservaat geleë is, het op 31 Januarie afgebrand.

“ʼn Groep mense het by die ingang van die lodge bymekaargekom. Hulle het die pad na die lodge met klippe en takke afgesper,” het brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie is na die toneel ontbied om die situasie te ontlont. Volgens Hlathi het ʼn groep na die lodge beweeg terwyl polisiebeamptes besig was om die pad te heropen. Die groep het deure oopgebreek en drank en ander items gesteel.

Infrastruktuur is beskadig en die lodge is aan die brand gesteek. Werknemers van die lodge moes magteloos toekyk hoe die situasie voor hul oë afspeel voordat hulle na veiligheid gevlug het. Sake van brandstigting, kwaadwillige saakbeskadiging, diefstal en openbare geweld is aanhangig gemaak.

Die polisie het inligting opgevolg en drie verdagtes is in hegtenis geneem. Goedere wat vroeër by die lodge gesteel is, is in een van die verdagtes se besit gevind. Die verdagtes, tussen 28 en 37 jaar oud, staan onder meer tereg op aanklagte van brandstigting en die besit van gesteelde goedere.

Daar is beweer dat die oproermakers die Sondagoggend na die lodge opgeruk het in reaksie op veldwagters wat ʼn vermeende stroper doodgeskiet het. “Die voorval het plaasgevind weens ʼn beweerde skietery buite die natuurreservaat en dit het tot bewerings gelei dat ʼn stroper doodgeskiet is. Geen van ons veldwagters was by die skietvoorval betrokke nie,” het Johannes Nobunga, uitvoerende hoof van die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MTPA), gesê.

Volgens Hlathi is die polisie bewus van plasings op sosiale media waarin daar beweer word dat sommige polisiebeamptes onwillig was om op te tree toe die lodge aan die brand gesteek is. ʼn Ondersoek is in dié verband begin. Hlathi het ook bevestig dat die polisie ʼn moordsaak ondersoek nadat ʼn man in sy huis in Matsulu naby Nelspruit gevind is.

(Foto: SAPD)

Die MTPA het Sondag in ʼn verklaring gesê veiligheid by die reservaat sal opgeskerp word. “ʼn Evaluering word tans gedoen om die omvang van die skade te bepaal. Ons span is besig met die red van diere in die reservaat om moontlike stropery te vermy, asook om die beskadigde heining te vervang.”

Die polisie is egter op dieselfde dag weer na die reservaat ontbied nadat inligting oor onwettige stropery ontvang is. Daar is op die karkasse van nege diere afgekom. Die stropers het sonder hul buit gevlug, vermoedelik weens die sigbaarheid van veldwagters in die reservaat. Die polisie het op messe, flitsligte en ander items beslag gelê.

Volgens Hlathi volg die polisie leidrade op en word inhegtenisnemings in dié verband binnekort verwag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Werner ·

Hierdie is maar net die begin van wat kom.Ja glo 100% dat die polissie niks gedoen het nie want hulle doen niks waar hulle grond wi beset nie

Stefan ·

Hoekom moet misdadigers wat hul moses teenkom altyd ‘gewreek’ word.
Hy het mos geweet daar is risiko’s verbonde aan sy ‘professie’.

henndrik ·

Ek reken die polisie beamptes op die toneel is aandadig en moet sodanig aangekla word, as daar nie gevolge is nie gaan hulle nooit hulle werk doen waarvoor die belastingbetaler betaal nie

Sarel ·

Jy ken mos die antwoord ” ons is honger daarom vang ons die diere. Dit is mos hulle mensereg. So word hullr geleer

Anoniem ·

Tot die DA probeer om nou te briek. Hulle sien ook waar alles heengaan.

Werner ·

Hulle is so vêr agter die tyd as hulle se daar is moeilikheid moet jy weet die popo het klaar die waaier getref

Tino ·

Die polisie in hierdie land is so goed dat ek weet hulle gaan nie oproep van my af kry nie, hulle sal die slagoffer arresteer.

Dup ·

Brand die geboue af,maak al die diere dood en kap al die bome af.Dit is hoe jy ñ land “transformeer” in Afrika.

Heinrich ·

Nes ek dink ons het ‘n nuwe laagtepunt bereik, dan kom ‘n berig soos hierdie uit. Die walglikheid van die klomp wat die lodge en die diere aangeval het laat my woedend. Ek het na die stemnota geluister wat op sosiale media versprei is, waarin die dame sê dat die polisie daarvan geweet het. As ek kyk na die paaie wat eers geblokeer was is hierdie ‘n ge-orkestreerde terroriste aanval. Nou is hoeveel mense by daai lodge sonder werk agv die aandring en vasberadenheid op wetteloosheid. Wel gedaan ANC en EFF met julle grondgryp politiek, die een is op julle.

LANA is ELANè ·

En so roof en plunder en verwoes ons ‘n baie brose ekonomie. En dra by tot net nog ‘n groter werkloosheid in ‘n land wat dit geensins kan bekostig nie.

AmY ·

Ek is kwaad vir my buurman en ons beheerraad wat niks omtrent ons klagtes doen nie. Mag ek maar nou ons hele woonstelblok afbrand?
Nee. Want dis nie in my aard om dit te doen nie.

Jeanette ·

Ja nee polisie sal niks doen nie, ek persoonlik dink die misdadigers word betaal vir elke afskuwelike daad wat hulle pleeg, hetsy plaasmoord, brandstigting of wat ook al die geval mag wees. As daar nie meer mense of plase of lodges oor is nie is dit mos maklik om dit net te vat so brand en die eienaar sal padgee of maak dood dis hulle leuse

Gert ·

Mense moet hulle en hulle eiendom self beskerm jy kan nie meer wag vir die polisie. Gelukkig is daar nog in die konstitusie ‘n wet wat daarvoor siening maak. Jy gaan net baie lank in die hof wees om dit te bewys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.