Drie vas ná man doodgeslaan word

Andries Swanepoel. Foto: Verskaf

Drie mense, insluitend ʼn vrou en haar seun, is in hegtenis geneem in verband met die moord op Andries Swanepoel (58) die afgelope naweek in Heidelberg in Gauteng.

Swanepoel se liggaam is Sondagoggend in ʼn kamer op ʼn perseel in AG Visserstraat waar hy gewoon het, gevind.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mense, ʼn 44-jarige vrou, haar 22-jarige seun en ʼn 64-jarige man, is intussen in verband met die moord in hegtenis geneem. Al die verdagtes was aan Swanepoel bekend.

Volgens Tshilate word beweer dat daar Saterdagaand ʼn rusie tussen die slagoffer en die verdagtes ontstaan het en dat hulle hom toe erg begin aanrand het, onder meer met ʼn houtstok.

Die verdagtes het glo besef Swanepoel is dalk dood weens die aanranding waarna sy liggaam na ʼn leë slaapkamer gesleep is. Die houtstok is intussen aan die brand gesteek.

Tshilate het gesê nog iemand wat glo ook op die perseel woon, het Sondagoggend die polisie gekontak waarna Swanepoel se liggaam gevind is. Swanepoel het wonde oral op sy lyf gehad, insluitend ʼn groot oop wond agter sy regteroor.

Die drie verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

ʼn Familielid van Swanepoel het intussen aan Maroela Media gesê hy het sowat ʼn maand gelede na Heidelberg verhuis en het voorheen in Leondale gebly. Hy het as werktuigkundige los werkies gedoen.

“Ek dink nie enigiemand verdien om so vermoor te word nie. Maak nie saak wat die rede was nie.”

Swanepoel word oorleef deur drie broers en ʼn suster. Een van die broers, wat in Boksburg bly, het Sondagoggend na die toneel in Heidelberg gery nadat hy van sy broer se dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

christine ·

Baie sterkte aan familie mag hul vrot in tronk om iemand so dood te maak skande .

Ella ·

Dis so ontsettend tragies en hartseer!
So jammer dat hy so tot sy einde moes kom. Niemand om hom te help terwyl hy sterf nie.
Meegevoel teen oor sy familie en naasbestaandes.

Ig ·

Wat n siek wêreld leef ons nie in nie? Bring die doodstraf terug sodat die skuldiges kan boet.

Fillicha ·

Dis my Oom baie hartseer en gebreek.Hy was altyd daar vir almal en gehelp.
Hoe kan enige onskuldige mens so dood verdien.En 3 teen 1 hoe .
Geen genade vir hulle nie.

Fillicha ·

Dis my Oom baie hartseer en gebreek.Hy was altyd daar vir almal en gehelp.
Hoe kan enige onskuldige mens so dood verdien.En 3 teen 1 hoe .
Geen genade vir hulle nie.

Elmarie ·

Dis ontsettend tragies en hartseer.!
Ek voel so jammer vir die man al het ek hom nie geken nie.
Niemand daar vir hom terwyl hy sterf nie.
My innige meegevoel aan sy familie en naasbestaandes.

hercu ·

baie tragies, sterkte aan die familie!

vir die wat vra dat die doodstraf her ingestel moet word – dink baie mooi wie is die regering van die dag!!

Arnie ·

Ai oom Andries. Dink ek nou aan al die tye wat jy daar was. As kind het jy gereeld kom draai maak. Ek onthou nog wat jy met jou motorfiets in Loch straat af gekom het. Tussen my en my ouboet se bed geslaap het gedurende 1 van jou kuiertjies. 58? Jy was so bedrywig soos n man van 25. Dit is skokkend dat jy so moes gaan. Jy het n volle lewe gehad maar tog nog so baie in jou gehad om baie meer te kon doen. Nou kan ons sê jy het uiteindelik tot ruste gekom.

Michelle ·

Nee ons moenie versigtig wees waarvoor ons wens nie die twee wat die arme man se lewe gevat het verdien nie om bederf te word in ‘n gevangenis waar daar vir hulle moet gesorg word nie, nee hul verdien die doodstraf.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.