Drie vas ná meisie glo ontvoer, verkrag is

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Drie mans is in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 15-jarige meisie ontvoer en verkrag het.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie in Tseki naby Phuthaditjhaba het die drie verdagtes, tussen 24 en 29 jaar oud, in hegtenis geneem.

Volgens Mophiring is die meisie Vrydag deur haar ouma winkel toe gestuur, maar deur ʼn persoon wat aan haar bekend is na ʼn huis gedwing waar sy verkrag is. Die meisie is glo vir die nag by die huis aangehou en die volgende dag deur nog ʼn man verkrag. Sy kon later daarin slaag om te ontsnap nadat die verdagtes glo gedreig het om haar dood te maak.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Tseki-landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

faith ·

Sterkte aan die meisie. Sluit die gemors toe en gooi die sleutel weg asb

renette ·

Dit is tyd dat die politieke partye ook in die parlement standpunt inneem oor moord, verkragting en diefstal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.