Drie vas ná moord op adjunkhoof

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn adjunkhoof van ’n laerskool in Duduza verlede week.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is Maandagoggend in Tsakane en KwaThema in hegtenis geneem.

“Daar is tydens die inhegtenisnemings op ’n onwettige vuurwapen wat glo in die uitvoer van die moord gebruik is beslag gelê,” het Makhubele gesê.

Die verdagtes sal volgens Makhubele binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het vroeër gesê die adjunkhoof van die Edalinceba Primary School in Duduza, wes van Nigel, is omstreeks 11:00 op 26 September in sy kantoor doodgeskiet.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, het die skool intussen besoek.

“Daar word beweer dat drie gewapende mans toegang tot die skool verkry het deur aan te voer hulle is daar om ʼn elektriese fout te herstel. Die mans is by die skool ingelaat en hulle het die adjunkhoof in sy kantoor doodgeskiet,” het Mabona gesê.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jacques venter ·

Dis hoog tyd dat metaal verklikers by skole en by die ingange van winkel sentrums ge-instaleer sal word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.