Drie vas ná moord op melkman

Drie verdagtes in Donderdag in verband met die moord op Andries de Klerk deur die polisie in Postmasburg in hegtenis geneem. (Foto: SAPD)

Drie verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n 57-jarige melkman van Postmasburg in die Noord-Kaap.

Hulle sal Maandag in die landdroshof op dié dorp op aanklagte van moord verskyn.

Maroela Media het vroeër berig dat Andries de Klerk Dinsdag ernstige beserings opgedoen het toe hy op pad terug van aflewering aangeval is.

Hy het glo deur Marantheng gery toe drie onbekende mans hom onverwags oorval het.

De Klerk is na die Postmasburg-hospitaal geneem, maar het later aan sy beserings beswyk.

Lt.kol. Andries Witbooi, stasiebevelvoerder van die Postmasburg-polisie, het die ondersoekbeamptes geloof vir hulle harde werk om die saak op te los.

AO Nomvuyo Makoloi, ook van dié polisiestasie, het vroeër gesê die motief vir die moord is nog nie bekend nie en dat ’n nadoodse ondersoek binnekort gedoen sal word.

Luidens berigte is De Klerk met klippe bestook. Die polisie kon dit egter nie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trotse Boervrou ·

RIV Andies. Innige simpatie aan Andries se naasbestaandes.

Lt.kol. Andries Witbooi, ek loof ook die ondersoekbeamptes vir hul harde werk. Rare verskynsel dat moordenaars deesdae so vinnig opgespoor word. Die ondersoekbeamptes verdien medaljes vir hul harde werk.

Daniel ·

Wat ‘n walglike storie, klink na ‘n rassistiese aanval

Anoniem ·

Nee Daniel, dit is bloot oor die paar sente in sy sak vir die melk wat afgelewer is. Die moet werkloses wees wat se R350 wat hulle mahala gekry het al op is en dan teiken hulle werkende mense. Hul het heeldag tyd om dop te hou wat word waar afgelewer en dan val hul die prooi aan.

Pieter ·

‘n Oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand. Enigste manier om hierdie soort misdade te stop is om sulke moordenaars galg toe te bring. Anders neem dit net toe.

Anoniem ·

Baie dankie Lt.kol. Andries Witbooi, en die ondersoekbeamptes vir julle harde werk om die skuldiges so vinnig aan te keer.
Innige Simpatie en meegevoel vir Andries se familie.

Misky ·

Bly hulle is so vinnig vasgetrek. Puik werk en welgedaan aan almal betrokke.

Harley Davidson ·

My ondervinding van die noord kaap is van n rustige plek met vriendelike mense en nou die.

Francois ·

Hulle sal uit wees op borg en dan voortgaan as helde. Patetiese land.

Boerin ·

Sterkte aan sy vrou en kinders en kleinkind.
RIV my ou skoolmaat.
Hy was darem n boer wat die melk wat hy self melk gaan aflewer het en nie net n melkman nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.