Drie vas ná moord op onnie, huishulp

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn onderwyser en haar huiswerker van KwaZulu-Natal.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê Nonhlanhla Zondi (54) en haar huiswerker, Slindile Buthelezi (27), se liggame is Woensdag in ʼn suikerrietveld in die Maqongqo-gebied naby Pietermaritzburg gevind.

Volgens Mbele is die oorledenes glo van Zondi se huis in Appelsbosch ontvoer voor hulle van waardevolle besittings, waaronder ʼn voertuig, beroof en toe verwurg is. “Voorlopige ondersoek het die polisie na Gauteng gelei waar Zondi se motor in Alexandra gevind is.”

Mbele het gesê drie verdagtes, tussen 18 en 20 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat van die ander gesteelde goedere ook in hul besit gevind is. Hulle is van die besit van gesteelde goedere aangekla en het in ʼn hof in Gauteng verskyn.

Volgens Mbele is die verdagtes intussen na KwaZulu-Natal vervoer waar hulle in die Pietermaritzburg-landdroshof moet verskyn op aanklag van moord.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Skroef ·

Kyk hoe vinnig tree die sapd op as meerderheidsgroep mense vermoor word.

Estelle ·

Hoe is dit moontlik dat hierdie moordenaars opgespoor kan word, maar plaasmoordenaars nie?
Of wag, hierdie word ondersoek as ñ moord, en plaasmoorde word ondersoek as huisbraak. Hoe verpletterend hartseer.

Oujongvrou ·

Skroef en Estlle, julle veralgemeen darem nou erg. En dan praat ons nie eers van kwaadsteek nie. Ander bevolkings word net so gruwelik vermoor soos ons. So moet die polisie dit nie ondersoek en moordenaars vang nie??

Ghoempie ·

Oujongvrou, lees asb weer met aandag wat Skroef en Estelle skryf. Dit gaan eintlik oor hoe vinnig die meerderheidsgroep se moordenaars vasgetrek word teenoor die plaasmoorde se moordenaars???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.