Drie vas ná moord op Oos-Kaapse boer

Argieffoto

Drie verdagtes is die naweek in hegtenis geneem in verband met die moord op Shaun Krull (48).

Krull se liggaam is Vrydag omstreeks 08:00 naby ʼn voerkraal op die plaas in die Kwelera-omgewing, noord van Oos-Londen, aangetref. Hy het twee steekwonde in sy bors gehad. Plaaswerkers het op sy liggaam afgekom en die polisie is ontbied.

Krull het die Donderdag omstreeks 19:00 die plaas in sy Toyota Hilux gepatrolleer voordat sy liggaam die volgende oggend gevind is. Krull se bakkie, selfoon en beursie is gesteel.

Volgens kapt. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, is twee verdagtes reeds Vrydag in hegtenis geneem nadat Krull se bakkie in ʼn veld in die Middledrift-omgewing gevind is.

Die bakkie is gevind naby die huis van ʼn man wat vir Krull gewerk het, maar afgedank is. ʼn Derde verdagte het weggehardloop toe die polisie op die huis toegeslaan het. Die polisie het op gesteelde goedere beslag gelê.

Mqala het gesê die derde verdagte het homself Saterdag aan die polisie oorgegee. Die verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

Krull se broer, Alwyn, het aan die Daily Dispatch gesê sy broer het met Brahmane geboer. Alwyn is die eienaar van Sunrise Eggs wat op ʼn naburige plaas geleë is. Volgens Alwyn het sy broer die afgelope 20 jaar alleen die beesplaas bestuur.

Krull word oorleef deur drie broers en ʼn suster.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Seemonster ·

Dit begin vir my lyk asof die polisie al hoe meer suksesse behaal met die speurwerk en inhegtenisnames.
Welgedaan!

Stem saam ·

Stem heeltemal saam. Dit behoort die boodskap uit te stuur om weg te bly vanaf die boere aangesien hul vinnig gevang sal word.

Wors ·

Wel, dit is omdat daar nie meer baie boere oor is nie so die polisie het nie meer hulle hande vol nie… Se maar net…

boet ·

Ek stem maar wat word van die moordenaars na skudigbevinding. Dien hulle regtig die vonnis tydperk uit en indien hulle n tyd in die tronk spandeer is dit vry losies, drie maaltye per dag, gratis medies en nog meer.

What a joke! ·

Fotos asb? Ons kan almal die blanke ontvoerders se gesigte sien ens nou hoekom nie fotos van die ander kant van die kleur spektrum nie???

Attie. ·

Shaun Krull het die plaas gepatroleer sonder ‘n vuurwapen want hoe anders is hy dan dood? Indien hy ‘n rewolwer gehad het kon hy dit gebruik het. n Boer ry mos nie patrollie op sy plaas sonder ‘n wapen en sonder ‘n hond nie….Of hoe ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.