Drie vas ná moord op Smithfield-boervrou

Arthur en Poenkie Bissett (Foto: Facebook)

Drie verdagtes is in verband met die moord op ’n boervrou van Smithfield in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Poenkie Bisset se man, Arthur, het haar Maandagoggend dood langs haar voertuig op hul plaas Korhaanfontein, digby Smithfield, aangetref.

Soos vroeër berig is Arthur omstreeks 07:30 uit die plaashuis om na nabygeleë krale te gaan en sy daaglikse take te verrig. Poenkie het glo vir hom gesê dat sy eers die wasgoed gaan klaarmaak waarna sy dorp toe gaan.

Arthur het omstreeks 11:30 na die plaashuis teruggekeer en toe vir Poenkie langs haar motor op die grond aangetref. Die motor was langs die huis geparkeer. Sy was net op pad dorp toe.

“Die huis was gesluit en die voertuig se sleutels en die huissleutels is by haar gevind waar sy op haar maag op die grond gelê het,” het brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, gesê.

Dit lyk asof die aanvallers glad nie in die huis was nie, omdat die huis gesluit was.

Hugo Pretorius, veiligheidskoördineerder van Smithfield, wat self op die toneel was, sê dit lyk asof sy met ’n skerp voorwerp in die nek gesteek is. Die nadoodse ondersoek sal bevestig hoeveel keer sy gesteek is.

“Drie verdagtes is dieselfde dag in Smithfield in verband met haar se moord vasgetrek,” het Pretorius bevestig.

Volgens Makhele is een van die verdagtes (43) wat in hegtenis geneem is, in besit van items gevind wat moontlik aan Poenkie behoort het.

“Oorbelle, ’n trouring en kontant is in die verdagte se besit gevind,” sê Makhele.

“Ons verwag nog inhegtenisnemings en die ondersoek gaan intussen voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Althes ·

Wat ñ vreemde moord? My innige simpatie met haar naasbestaandes.

Dries ·

Dat hierdie jaar van absolute hel vir iemand nou nog so vererger moet word deur ‘n geliefde op so wreedaardige en afskuwelike wyse aan die dood te moet afstaan. Sterkte aan hierdie familie, wat meer kan mens se…

koei ·

Praat jy, om vinniger weg te kom, huis sleutels gelos? Nie eers vuurwapens gevat of gaan soek ten minste, soos wat hulle gewoonlik doen nie? Mmmmm vreemde gevalle deesdae…..

Jana ·

Kon hulle nie die goed gevat het en haar uitgelos het nie? Ek is bly hulle is vinnig gevang. Dit bring haar nie terug nie maar darem is hulle vas. Baie sterkte vir die familie, mag Jesus julle styf vashou en julle vertroos.

Agter die skerms ·

Althes jy is reg wat ‘n vreemde woord en waarvoor is sy doodgemaak. Dis net baie scary wat aangaan en dat mense net doodgaan vir aardse goed.
RIV Poenkie. Sterkte aan die familie en vriende.

Samuel ·

Dit is baie harseer. Arthur, sterke in hierdie moeilike tyd. Mag geregtigheid seëvier en plaasaanvalle tot ‘n einde kom. So kan dit nie aangaan nie.

Hennie J ·

Net nog n terroriste aanval waarteen hoedman en sy chronies hulle blind staar. Goeie en voortreflike speurwerk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.