Drie vas ná ontsnapping uit Gauteng-hof

Argieffoto

Argieffoto

Drie van die sewe verdagtes wat Maandag uit die Lenasia-landdroshof in Gauteng ontsnap het, is weer intussen in hegtenis geneem.

“Die drie verdagtes is Dinsdagoggend in hegtenis geneem,” het kapt. Mpande Khoza, woordvoerder van die polisie, aan ANA gesê. “Een van die verdagtes, Mpho Ramotsole, is in Ennerdale aangekeer en die ander twee persone, Luvesh Veerasamy en Brandon Paul, is by hul huise in Lenasia opgespoor.”

Die sewe verdagtes het polisiebeamptes in die aanhoudingselle by die landdroshof oorrompel kort nadat hulle verskyn het op verskeie aanklagte waaronder van roof met verswarende omstandighede en huisbraak. Klik hier om meer te lees.

Intussen het Maroela Media berig nóg ʼn verhoorafwagtende het Maandagaand uit aanhouding by die Botlokwa-polisiestasie, noord van Polokwane in Limpopo, ontsnap. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.