Drie vas ná plaasaanval in Bethlehem

Vuurwapen en ammunisie in Clarens gevind (Foto: SAPD)

Drie persone, ʼn vrou en twee mans tussen 28 en 31 jaar oud, sal binnekort in die Clarens-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag van die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die sigbarepolisiëringseenheid in Clarens het reageer op ʼn wenk en Maandag ʼn huis in Khubetswana besoek waar ʼn vuurwapen gevind is. “Tydens die soektog is ammunisie in een van die verdagtes se skoene gevind.”

Beamptes vermoed dat die verdagtes verbind kan word met ʼn aanval op 14 Desember op ʼn plaas naby Bethlehem. “ʼn 38-jarige man het saam met ʼn vriend in die huis gesit toe hy omstreeks 20:00 gehoor het hoe iemand hom roep. Hy het buite gaan ondersoek instel en ʼn onbekende persoon het hom geskiet. Die aanvaller het in die donker gevlug en ontsnap.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord in die verband.

Genl.maj. Jan Tsotetsi het gesê hy is dankbaar dat nog ʼn vuurwapen verwyder is uit die hande van iemand wie se enigste doel is om te beroof, te verkrag en te moor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Helen ·

Welgedaan aan die polisie wat die wenk opgevolg en die arrestasies gemaak het!?

Eentweedrieblufjouself ·

Snaakse pistool, lyk soos tuisgemaak. Miskien moet die SAP soek na die vervaardiger?

Hendrik ·

Ag nee rerig! Waarom gebruik jy die woord plaasaanval in jou opskrif. Is dit vir sensasie. Hier word nog hoogstens vermoed dat hul by die aanval betrokke was. Maak seker van jou feite voordat jy weer sulke blapse maak.

Johan ·

Let wel – onwettige vuurwapen en ammo. Die regering moet dit vir ons makliker maak om onsself te beskerm, maar eerder wil hulle ons ontwapen, maar die moordenaars soos hierbo genoem hardloop wyd en suid met onwettige wapens.

Amelia ·

Dit is hoog tyd dat die SAPS in ELKE PROVINSIE ‘n “unit” het wat hulle toespits op plaasaanvalle. Gebruik die geld wat deur politici geskuld en vermors word om voertuie, salarisse en vuurwapens vir die lede te gee. Johan is trompop op sy plaas doodgeskiet – die berigte se dis “onaanvaarbaar dat boere dood van hulle plase gedra word”. Wat ‘n sinnelose dood, soos so baie ander. Hoe lank gaan hierdie situasie aanhou voordat daar daadwerklik stappe geneem word om dit te verminder / verhoed? Die mense wat aanvalle loods, is “hoogs opgelei”, met toerusting wat enige alarms en elektrisiteit “scramble”. Sover ek weet, het net die SA Weermag en Spesmagte hierdie toerusting gehad. Waar kom aanvallers daaraan? Hier moet indringend iets gebeur – en almal – van die mense wat die toerusting verkoop/voorsien, tot die aanvallers moet boet. Dit is reeds “everyone for himself” op die plase – hoe lank nog voordat dit totale chaos is?

sus ·

Afriforum was al in gesprekke met die polisie om ‘n eenheid op die been te bring om plaasaanvalle te bekamp, maar daar het absoluut niks van gekom nie, want die regering sien nie plaasaanvalle en plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad nie!

Anoniem ·

Watter instansie se kentekens is op die handskoene? Lyk dit nie bekend nie?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.