Drie vas ná roof voor kringtelevisiekameras

Argieffoto

Argieffoto

Drie verdagtes is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle Sondagoggend glo ʼn man voor kringtelevisiekameras in die middestad beroof het.

Ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê beamptes van die Johannesburg-Sentraal-polisie het op beeldmateriaal gesien hoe die verdagtes omstreeks 04:00 ʼn man op die hoek van King George- en Noordstraat beroof het.

Polisiebeamptes is na die toneel ontbied en het die verdagtes in die omgewing opgespoor en in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op ʼn skootrekenaar en ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Die verdagtes, tussen 24 en 37 jaar oud, staan tereg op aanklagte van gewapende roof, die besit van vermeende gesteelde eiendom en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nic Grobler ·

Daar is vroeer deur Maroela verduidelik dat hulle die woordjie “glo” in misdaadverslaggewing gebruik wanneer die feite nog nie vasgestel of bewys is nie. Ek stem saam met die beginsel, maar die woordjie “glo” in so’n konteks het in Afrikaans byna dieselfde betekenis as kamma-kastig, dit wil se dit druk twyfel uit. Sou dit nie beter wees om van “na bewering” of “na wat berig word,” na gelang van die geval, gebruik te maak nie?

Phillip ·

Dagsê Nic

“Glo” in dié konteks beteken dieselfde as “na bewering” of “na wat berig word”, dit is net baie korter en lees makliker.

Groete

Phillip Bruwer nms. Maroela Media

CHRISTA ·

Hoekom kan die instellasie van kringtelevisiekameras nie wyer toegepas word nie? Dit behoort misdaad te bekamp dan sal daar ook minder metropolisielede nodig wees wat meesal hulle tye by eetplekke deurbring.

Akram ·

Dit kan werk om meer CCTV te instaleer. Die probleem le egter by die moniteering. Dit is n veeleisende werk om die kameras dop te hou. een persoon kan ongeveer 5 monitore dophou. so daar moet n geweldige werksmag wees. Die CCTV opsigself kan dien as a afskrik middel en word hoofsaaklik gebruik vir playback. die aantal skerms op n monitor moet ook ingedagte gehou word. met 4 skerms op n monitor kan daar edelik baie waargeneem word. Dis is nou as die monitor redelk groot is en van goeie gehalte is. Dit is ook nie maklik om te voorspel waar n misdaat gaan plaas vind nie. Die operateur sal moet rond speel en kyk na verdagte optredes. Groepe van mense of sensitiewe areas. Die kamera kan dalk na n spesifieke deel kyk en net buite die skerm skoot kan n misdaat gebeur. N persoon kan ongeveer 45min intensief kyk, maar moet dan gaan rus. Om so n bedryf te doen, moet daar genoeg mense wees. die prys van n doelgerigte CCTV kontrole kamer is nogal n duur episode. Instanhouding kom ook nog by. Maar ek is n ondersteuner van CCTV.

DPJ ·

Kringtelevisiekammeras mag dalk vieligheids beamptes uit wys daarom die beperkteaanwending. Wie is in beheer van die kring stelsel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.