Drie vas ná rooftog by Badplaas-polisiestasie

(Argieffoto: SA Polisie)

Verskeie persone wat glo betrokke was by die rooftog by die Badplaas-polisiestasie in Mpumalanga verlede maand, is aangekeer.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê lede van die georganiseerde misdaadeenheid, die blitspatrollie en speurders het inligting opgevolg wat gelei het tot die inhegtenisnemings van drie verdagtes in die omgewing van Mbombela (Nelspruit).

Die polisie het beslag gelê op drie van die vuurwapens wat geroof is. Forensiese toetse sal gedoen word om te bepaal of die wapens ook in die uitvoering van ander misdade gebruik is.

“Die twee verdagtes wat in besit van die vuurwapens gevind is, is reeds positief met die rooftoneel verbind, terwyl die derde verdagte in hierdie stadium nog net ondervra word om sy rol te bepaal,” het Ramovha gesê.

“Hulle verskyn Vrydag in die Calcutta-landdroshof op aanklag van gewapende roof en die besit van staatsvuurwapens.”

Die inhegtenisnemings spruit voort uit ʼn voorval in die vroeë oggendure van 12 September toe ʼn man die hek van die polisiestasie genader en geskreeu het dat hy aangeval word en hulp benodig. Toe ʼn ongewapende polisielid hom te hulp snel, het nog ʼn rower te voorskyn gekom, vuurwapens op die polisielede gerig en hulle terug in die polisiestasie gedwing.

Daar het hulle die kluis se sleutels geëis en die twee handwapens, ʼn R5-aanvalsgeweer en ammunisie gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank ·

Is hierdie ‘n blikkie in die toekoms vir wat sal gebeur indien Jan Publiek ontwapen sou word??? Kry dan maar wapens by die SAP om Jan Publiek te beroof/vermoor.

Persheks Adri ·

Dis hoekom ons nie wapens in handig nie. Ons eerlike burgers doen mos die regte ding…

Spyker ·

As n Oud Lid van die SAP skaam ek my dood maar dit was te wagte. Soos die beheer stelselmatig oorgegee is het die agteruitgang merkbaar agtetuit gegaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.