Drie vas ná rooftog met speelding

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Drie verdagtes is in ʼn kroeg in Johannesburg in hegtenis geneem kort nadat hulle glo ʼn gewapende rooftog met ʼn speelgoedpistool uitgevoer het.

Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die drie verdagtes, tussen 17 en 33 jaar oud, is Woensdag in die kroeg vasgetrek nadat hulle glo twee mense in die middestad beroof het.

“Die drie verdagtes het na bewering ʼn 42-jarige man en sy vriend omstreeks 11:30 op die hoek van Jeppe- en Mooistraat beroof,” het Mbele gesê. “Die slagoffer het ʼn wit Quantum bestuur en het by ʼn rooi verkeerslig stilgestaan toe die drie mans hom genader en ʼn vuurwapen op hom gerig het.”

Die verdagtes het die slagoffers se selfone afgeneem en van die toneel gevlug.

“Polisiebeamptes was op die hoek van Jeppe- en Pollystraat besig met roetine-misdaadvoorkomingspligte toe die twee slagoffers hulle van die rooftog ingelig het. Die polisie het saam met die mans rondgery en ook in ʼn plaaslike kroeg gaan soek. Die slagoffers het die verdagtes in die kroeg uitgewys terwyl hulle besig was om hulself te geniet.”

Mbele het gesê ʼn speelgoedpistool en die slagoffers se selfone is in die verdagtes se besit gevind, waarna hulle in hegtenis geneem is.

ʼn Volledige ondersoek is van stapel gestuur. Die verdagtes moet binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Erika ·

Verban speelgoed pistole…dit is nie almal wat die verskil gaan sien nie.

Alida ·

Hoekom verdere ondersoeke. Hulle het die skelms en die goedere. Mors tyd en geld. Sluit toe.

Pablo ·

Nee Kobus, volgens die berig en die foto ter illustrasie was ‘n speelgoed pistool en nie ‘n rewolwer gebruik nie! Alle rewolwers het roterende silinders of rolle (revolving cylinders) waarin die patrone, rondtes of ammunisie gelaai word. Enige ander handwapen is ‘n pistool en die patrone word in ‘n magassyn gelaai, of direk in die loop/lope in die geval van enkelskoot, dubbelloop of meervoudige loop pistole.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.