Drie vas ná sakeman ontvoer word

Argieffoto

Die vermeende ontvoerders van ʼn sakeman van Kaapstad is in hegtenis geneem kort nadat sy familie ʼn losprys van R100 000 vir sy vrylating betaal het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die sakeman is Saterdag in Monte Vista ontvoer. Die ontvoerders het die man se familie genader en ʼn losprys van R1 miljoen vir sy vrylating geëis.

“Ná onderhandeling met die familie het die ontvoerders ingestem tot ʼn losprys van R100 000 wat toe betaal is,” het Rwexana gesê. “Kort ná die man se vrylating het die polisie op die verdagtes in Bloekombos in Kraaifontein toegeslaan.”

Rwexana het gesê drie verdagtes, onderskeidelik 31, 33 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem. Van die losprysgeld is in ʼn voertuig gevind waarop die polisie beslag gelê het.

“Die sakeman is na ʼn hospitaal geneem om ondersoek te word. Traumaberading is ook aan hom en sy familie beskikbaar gestel,” het Rwexana gesê.

Die polisieondersoek duur voort en nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Werner ·

Gaan kyk wat gaan alles aan in Bloekombos Kraaifontein. Dis n “war zone” op sy beste.

Piet ·

Nou hoeveel van die R100’000.00 is nog oor nadat die polisie “beslag” daarop gele het?

snoefie ·

skenk dit ook maar aan Burre Burger se droogte hulp insamelingsprojek om fondse in te samel in die kaap.

Marts ·

Micky Mouse besigheid. Die ‘ontvoerders’ kyk te veel TV

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.