Drie vas ná skending van Louis Botha-beeld

(Foto verskaf deur VF Plus)

Twee mans en ’n vrou is Woensdag by die parlement in Kaapstad in hegtenis geneem nadat genl. Louis Botha se standbeeld beskadig is.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoer, sê polisiebeamptes het die verdagtes om 14:42 met ’n leer, ʼn slypmasjien en kragopwekker naby die standbeeld gewaar. Dié standbeeld staan by die hoofingang van die parlementêre kompleks.

Die polisiebeamptes het dadelik gereageer en op die goedere beslag gelê. Een van die mans het egter die standbeeld tydens ’n stoeiery tussen die verdagtes en die polisiebeamptes met spuitverf en ’n hamer bygekom.

Die drie verdagtes, onderskeidelik 28, 32 en 39 jaar oud en vermoedelik lede van die EFF, staan nou tereg op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging, verset teen inhegtenisneming en die aanranding van polisiebeamptes.

Die VF Plus het Woensdag in reaksie op die voorval gesê die beskadiging van die standbeeld is onaanvaarbaar en dui op ʼn kultuur van wetteloosheid. Die standbeeld is met verf besmeer en ʼn deel van die bronswerk is afgebreek.

“Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is ʼn beweging wat gefundeer is in haat met die hoofdoel om te verwoes en te vernietig. Hulle heg geen waarde aan erfenis en diversiteit nie,” meen Heloïse Denner, woordvoerder van die VF Plus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Onbesmetlik ·

Die EFF is soos toksiese kern-afval. Besoedel die hele wêreld. Die reg laat ons in die steek. Waarom kan hulle nie gestop word om as sg. Politieke Party aan te gaan nie. Hulle behoort verban te word, want hulle sg. “Menseregte” gee hulle doodeenvoudig te veel mag oor ander se “menseregte”!!!!!!

Frikkels ·

Die eff is die anc se terreurvleul en moet wortel en tak uitgeroei word. Dit is ook die grootste organisasie van disorganisasie, wat nog ooit bestaan het.

MakersMark ·

En hul voorvaders het soos jakkalse geskarrel as die man op sy perd met geweer in die hand opgedaag het. Vandag kan hul net ‘n beeld beskadig….

Kokerboom ·

Die sprinkane stu voort op hul verwoestingsveldtog van SA geskiedenis want die goed het GEEN geskiedenis en ook GEEN toekoms!! Laat hul die skade op eie koste herstel!!!

Gert ·

Die kadder is arm wou seker die beeld opsny en vir scrap gaan verkoop

Friedrich ·

Sluit die helsems toe, en hou hulle leier ook verantwoordelik vir sy na volgelinge se dade, want hy is die een wat die saadjie plant. #MalemaMustFall

Debbie ·

Kan daai rooi goed net nie in vrede lewe nie. Hoekom nou dit? Of soek hulle aandag omdat hul lanklaas in die nuus was? Bou nou n nasie met sulke goed

Magda ·

Dis Al wat hulle doen, Afbreek en RASSISME en plaas moorde aan hits. Hoe kan n zimbabwier n politieke party in SA stig, EFF MOET VERBAN WORD ASB.

Jacobus ·

Jammerlik dat die sisteem hulle beskerm.
Hulle vonnis moet wees dat hulle 6 maande, sonder salaris, by n perde afrigter moes werk, stalle skoonmaak en perde roskam, maar dit is seker te kolonìalisties?

MakersMark ·

Dis omtrent die hoogste vlak van werk in die industrieele sektor waarvoor meeste kwalifiseer. Maar agv die beskerming en korrupsie ry waterdaers en houtkappers blink karre bly in duur huise en hou aan die ekonomie lamlê met korrupsie. En blameer blankes en kolonialisme vir die gemors waarop die land afstuur na 28 jr onder die ANC.

domheks ·

Dis omdat hulle NIKS het om te wys van hulle verlede nie!

Maritza ·

Dis al wat die EFF kan doen. Alles afbreek en niks op bou nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.