Drie vas ná skietgeveg met polisie

Foto: African News Agency

Foto: African News Agency

Drie vermeende misdadigers is Dinsdag in hegtenis geneem ná ‘n hoëspoed jaagtog en skietgeveg met die polisie.

Supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, het gesê die voorval het omstreeks 11:30 in Crownwoodweg naby Crown Mines plaasgevind.

“Metropolisiebeamptes het ʼn verdagte silwer VW Touareg opgemerk en aangedui die voertuig moet aftrek. Die voertuig se bestuurder het egter geweier om van die pad af te trek en die insittendes het eerder op die polisie losgebrand.”

Volgens Minnaar het die polisie teruggeskiet en een van die verdagtes is in die regterskouer en bolyf gewond.

“Ons het later vasgestel die voertuig is vroeër in die Jeppe-area gesteel,” het hy gesê.

Daar is beslag gelê op ʼn ongelisensieerde AK47-aanvalsgeweer, ʼn Uzi-semi-outomatiese masjiengeweer en ʼn Star-pistool.

Die drie verdagtes is in hegtenis geneem en aanklagte van diefstal en die onwettige besit van vuurwapens sal teen hulle aanhangig gemaak word. Die gewonde verdagte is tans onder polisiebewaking in die hospitaal, het Minnaar gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

7 Kommentare

Lionel ·

Al die moorde in S A is met of gesteelde of ongelisensieerde vuurwapens gepleeg en nogsteeds ,probeer hulle mense wat wettige vuurwapens wil of het onteien.

Pieter ·

En die aanklagte van “poging tot moord”? Het hulle nie op polisie geskiet nie?

Le Roux Strydom ·

Mnr Minaaar sukkel soms om by die regte woorde uit te kom , gee hom maar nog ‘n kans!

Jan ·

Mooi so! Ons is baie dankbaar aan die polisielede wat hulle lewens in gevaar stel om ons land veiliger te maak.

GES ·

Hierdie wapens is beslis nie jagwapens nie en hulle was ook nie oppad na die jagveld toe nie. Dit sal interessant wees om te weet waar hulle die vuurwapens en ammunisie in die hande gekry het aangesien dit alles militêre toerussing is.

Dee ·

Waarskynlik was hulle op ‘n jagveld met jagwapens – hulle jag karre op die hoofweë en ander paaie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.