Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 87-jarige Lettie Rupping.
“Twee verdagtes is Maandag in Tarkastad aangekeer en ʼn derde verdagte is Maandagaand omstreeks 19:00 by sy huis in hegtenis geneem,” het kol. Sibongile Soci, in ʼn verklaring gesê. Die verdagtes is tussen 29 en 42 jaar oud.
Rupping se liggaam is Maandag omstreeks 08:00 in Whittlesea naby die pad tussen Mbekweni en Oxton aangetref.
“Die oorledene se persoonlike besittings insluitend ʼn vuurwapen en debietkaarte was in die verdagtes se besit,” het Soci bygevoeg.
Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Rupping is Sondag omstreeks 12:00 ontvoer.
“Die verdagtes het haar na Queenstown geneem en omstreeks 00:00 kontant uit haar rekening getrek,” het Cameron gesê. Rupping het vermoedelik toe nog geleef sodat hulle haar PIN-kode kon bekom. “Hulle het haar op pad terug na Tarkastad doodgeskiet.”
Rupping is vermoedelik deur vier mans oorval. Die vierde persoon was na bewering een van haar werknemers voordat sy hom weens skaapdiefstal afgedank het.
“Die werknemers het Maandagoggend onraad vermoed omdat hulle haar bril by die plaashek opgespoor het,” het Cameron bygevoeg.
Die verdagtes sal binnekort in die Tarkastad-landdroshof verskyn op aanklag van moord, huisroof en motordiefstal.
Lees ook:
87-jarige van Oos-Kaap dood aangetref
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Hoekom nog werk skep en die tipe onderhou?
Dit is sowaar die wreedste nasie, en bygesê, die mees lafhartigste ook. 4 Lummels om ‘n 87 jarige dame te vermoor.
Gevoellose, wreede barbare. Julle dag van afrekening gaan kom. . . . . . .
Sy was 88, het haar hele lewe gewy aan skaapboerdery. Sy het alleen geboer en het op 88 nog skape gaan dous in die veld. Soos altyd elke Sondag kerk toe, daarna gaan koffie drink by die bure en dan huis toe. Hierdie Sondag het hulle vir haar gewag by die hek….
My innige simpatie aan die Rupping gesin. Mag God julle dra in hierdie baie moeilike tyd.
Daar is nie enige naam wat aan sulke goed toegedig behoort te word nie, want geen mens of dier tree so op nie. Slim Daan is in die kol!