Drie vas ná vroue op pad na Pta verdwyn

Joey van Niekerk en Anisha van Niekerk. Foto: Via Facebook

Drie verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem nadat twee vroue van Mooinooi onderweg na ʼn roudiens in Pretoria spoorloos verdwyn het.

Maroela Media het vroeër berig die vroue, Joey van Niekerk (32) en Anisha van Niekerk (30), is Sondag omstreeks 07:30 vir die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe bly. Joey se pa is onlangs oorlede. Hulle was in ʼn wit Nissan X-trail-sportnutsvoertuig met die registrasienommer JJK 781 NW op pad na Pretoria om sy roudiens by te woon, maar het nooit Sondag hul eindbestemming bereik nie. Hulle het ook nie Dinsdag die roudiens bygewoon nie.

“Die drie verdagtes is ná ʼn intensiewe ondersoek in Majakaneng, tussen Mooinooi en Brits, in hegtenis geneem en met die vermiste-persone-saak verbind,” het ao. Mpeile Talane, polisiewoordvoerder, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Hy het gesê persoonlike besittings, waaronder die vroue se bankkaarte, is in die verdagtes se besit gevind.

Hulle is in hegtenis geneem op twee aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg. Die drie verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn.

Talane het beklemtoon alhoewel die verdagtes van moord in verband met dié voorval aangekla word, is die vroue se liggame of die sportnutsvoertuig nog nie opgespoor nie en duur die soektog na hulle dus voort.

Talane het ʼn beroep op die publiek gedoen wat die voertuig opmerk of weet waar die vroue hul bevind, om ao. Christiaan Robinson by 082 643 6137 of 014 574 5000 te skakel.

Die familie is in kennis gestel van die verwikkelinge.

Genl.maj. Modisagarekwe Mosimanegape, bevelvoerder van die Brits-polisiegroepering, het die ondersoekspan geloof wat onverpoos aan die saak werk en vir hul pogings wat tot die verdagtes se inhegtenisneming gelei het. Hy het gesê die inhegtenisnemings sal ʼn duidelike boodskap stuur dat die polisie nie sal versuim om die hulpbronne tot hul beskikking te gebruik om misdadigers aan te keer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

fm ·

Dit is so tragies. Sterke aan hulle familie gedurende hierdie onsekere tyd totdat finaliteit gekry is.

Suid-Afrika is ‘n vreesaanjaende , uiters gewelddagige, bloedlustige en moorddadige land om in te woon. Ek wonder of moord nie al die nommer 1 oorsaak van sterftes in Suid –Afrika is nie?

apie ·

dis aaklige nuus. So mens kan die ergste verwag. Ek bid ek is verkeerd. Sterkte aan almal in hierdie land.

Wilma ·

Dit is baie goeie werk deur die SAPD … Sterkte ook aan die families –

Speedguard ·

Mag die Here gee dat hul die vrouens kry en nie hul liggame nie, dit is net te verskriklik om te dink jy gaan om iemand se lewe te vier en dit gebeur!! Ons het geen meer beskerming nie !!!

Johann ·

Goeie werk daar van die polisie, hoop hulle los die saak gou op.

Anton ·

Werner, jy moet jou brein leer om die positiewe in alles raak te sien. Sulke pessimisme sal jou ondergang beteken

LB ·

Anton, hier is min positief om in die donker prentjie van Suid Afrika meer raak te sien.. Werner lees die nuus heelwaarskynlik deegliker as jy want almal kom letterlik weg met moord. Vandag gevang en môre uit op straat.

Cherokee ·

Anton, (ek hoop jy lees nog hier want die berig is ure oud) ek waardeer, ek hou van, ek like, ek skiet te kort aan woorde van waardering vir jou kommentaar. Die Werners en LBs sien ons dag na dag in die kommentare. Tussen enige groep positiewe en waarderende kommentare is hulle daar om te huil oor … hoe lank die skuldiges gaan sit voor hulle borgtog kry – hoe lank voordat die skuldiges gaan ontsnap – hoe vinnig die skuldiges op parool sal gaan, ens ens en sommer nog ‘n ens. Dankie Anton, vir jou positiewe denke. Dankie vir jou waarskuwing aan Werner oor pessimisme. Ek waardeer skrywes soos die van jou. Omdat dit ure gelede geskryf is weet ek nie of jy nog hier lees nie. Indien wel, gee terugvoering.

Moord? ·

Ek besef ons kan aanneem dat hulle dood is. Maar … op grond van watter bewyse het die polisie so besluit? Want ons wil nie sien dat moordenaars uit aanhouding vrygelaat word weens onbewysde aanklagte nie. Ek vra maar net. Ek hoop die polisie het ‘n sterk saak. Maar my hoop dat die vroue nog lewe is baie groter.

Cherokee ·

Hou op om te ‘vra maar net’. As jy vra maar net wil ek nie antwoord maar net nie. Vra gewoonweg.
Dit is goed dat hulle vir moord aangekla is. As dit, tot ons almal se verligting, nie moord was nie, sal dit hulle (hopelik) dwing om te praat.

Anoniem ·

Dis verskriklik!! Die absolute wetteloosheid is Suid-Afrika is barbaars en duiwels!

Andrea ·

Dis verskriklik. Ek was Sondag omtrent dieselfde tyd in daai area. Min weet jy v ander mense naby jou wat in angs verkeer. Hoop so hul word lewend gevind. Maar ons bly in SA, ekt dus nie veel hoop nie.

Leeutjie ·

Dit klink nie goed as van hul besittings gekry is nie!!!

Maritza ·

Hopelik sal di judge ook sulke goeie werj lewer met skuldig bevinding en vonnisoplegging

Mooi Nooi ·

Dit is dieselfde area as die Mooi Nooi Boer wat nog in die tronk sit. Sal nou sien of die reëls vir almal dieselfde is.

Muffin ·

Hi Cherokee, ek neem aan jy ry n Jeep. Ek hoop regtig saam met jou dat dit niee moord was nie. Ek sien nog geen terugvoering oor wat gebeur het nie.
2 pragtige jong kinders en baie sterkte vir hul familie.

Marius ·

Sterkte vir die hele familie. Dis al woorde wat ek vir julle het.

Netjie ·

Aai maar dis vreeslik. Ons moet aan hou bid en glo dat ons land eendag weer veilig sal wees.

Johan de Bruyn ·

Kom ons vertou en glo dat die dames lewend gevind sal word. Knap gedaan SAP

Nic ·

Gebeurlikheidsrisikos in SA onwerklik hoog. As jy by jou huis uitry kan enige iets met jou gebeur. Ander voertuig wat nie by rooi lig of stopteken stop nie. Onpadwaardige voertuig of persoon wat gekoopte rybewys het, wat jou van reg voor af tref. As jy daar aan kan dink kan dit gebeur. Dan dink ek nie eers aan misdadige oorsake nie. Jy kan nie met sekerheid sê jy gaan later weer by jou huis in ry nie.

Naas Vermaak ·

Ek voel altyd so nietig as ek al die kommentare hier wat deur top-speurders, top-advokate, top-kundiges van bykans enige onderwerp gelewer word, moet lees…en dit geld vir al die berigte van Maroela – die slimstes onder die slimstes is met ons. Daarby oorval ‘n golf van dankbaarheid my dat ek julle nie persoonlik ken nie en skaar ek my maar by die groepie wat hulle bepaal by dit wat werklik saakmaak in die berigte – medeliewendheid!

SNEL ·

Ek stem 100% saam met jou Naas Vermaak, en wat net so erg is, is dat mense wat wel net iets sê of noem of hul siening wil lewer se kommentaar altyd uitgetorring word oor hul “eenvoudige” siening deur die kenners . Die wat nie n spel talent gekry het nie, word net so erg aangeval. Jy sê dit so goed, n golf van dankbaar oorval my ook dat ek hul nie ken of in dieselfde vertrek as hulle moet wees nie.

Riette ·

En daar is hulle alreeds losgelaat.

As dit is hoe die docekt geskry kan ek as totale leek vir julle sê hulle gaan om “tegniese redes” loskom.
Hoe word hulle arresteer vir moord maar daar is nog geen bewyse nie??
Komaan ons is nie só stupid nie julle!!
Óf die dames is dood aangetref en daarom kan dié arrestasie doks so lui, óf nie.
Dis sad, baie baie sad.

Shaun ·

Nee Riette. Kyk maar na die jong man wat toegesluit is in dieselfde stasiewyk. Daardie man wat hy na bewering geskiet het se lyk is tot nou toe ook nog nie gekry nie . Maar toegesluit en aangekla vir moord wel .

Malissa ·

Niemand moet asb die ergste hiervan praat nie. Kom ons hoop, bid en vertrou dat hulle tenminste lewend gevind sal word.

Grace Mugabe ·

Naas Vermaak – jy klink vir my vreeslik groots op jouself. Ek sien nie een persoon wat enige iets sê wat nie daarop dui dat hulle bekommerd is (dus medeliewend/omgee) vir die 2 vroue wat weg is nie. Skaar jy jou maar dan by die wat begriploos lees en los die van ons wat bid en boodskappe van bemoediging stuur vir hulle geliefdes.

Naas Vermaak ·

Ek vra om verskoning Grace – het agterna besef my kommentaar is futiel…en uitwysings/verduidelikings nou is nog meer sinloos…

Carina ·

Naand Maroela Media. Is daar al enige terugvoer oor die hofverskyning vroeër vandag?

Eugene ·

“Laat ons ook nou die plek brand, breek en plunder”tot meer inligting beskikbaar is. Dis mos hoe Afrika werk.

Izsk van Zyl ·

#boerelegioen
Ek doen ń beroep op Boere om aan te meld vir die rasse verhoor

Maggie ·

Liewe Anton… Werner is n realis, nie n pessimis nie.. geoot verskil.

Casper Labuschagne ·

In Suid-Afrika, as al die lede van enige huisgesin soggens die huis verlaat en weer ongedeerd laatmiddag mag terugkeer is dit in hierdie tye net deur die genade en ingrype van Bo. Dit is onaanvaarbaar om so te lewe, vir hoe lank nog gaan ons dit duld en hoe gaan ons dit omkeer?

Ashill Genis ·

Dis jammer om te hoor van die vroue.Hulle het alreeds iemand verloor en nou is daar n moontlikheid dat hulle dalk ook vermoor is.Hoop maar vir die beste.Dis so onnodig.Hoekom nie net die voertuig vat en jou lewe spaar nie.

honourable member ·

Hierdie mense is absolute parasiete wat teer op weerlose mense. Sterkte aan die famile in hierdie onsekere tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.