Drie vas ná wrede Vrystaat-plaasmoord

Pieter van der Berg. Foto: Facebook

Die polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moorde op ʼn boer en ʼn huishulp verlede week in die Wepener-distrik in die Vrystaat.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes is Sondag omstreeks 03:00 in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang en opgevolg het.

Ngcukana het gesê die verdagtes is in die Qibing-township buite Wepener in hegtenis geneem. Hy het gesê die polisie soek intussen steeds na ʼn vierde verdagte.

ʼn Boer van ʼn naburige plaas het Donderdag omstreeks 12:00 op Pieter van der Berg (49) en Tsietso Matsabisa (57) se liggame afgekom. Van der Berg se liggaam is in ʼn plas bloed in die plaashuis se sitkamer gevind. Sy bene was vasgebind.

Matsabisa se liggaam is op die vloer in een van die slaapkamers gevind. Haar bene is ook vasgebind en haar mond en oë is met lappe bedek. Volgens Ngcukana is albei doodgeskiet en patroondoppies op die toneel gevind.

Ngcukana het gesê daar is intussen vasgestel dat daar twee vuurwapens, klere en twee selfone tydens die moord gesteel is. Hy het gesê geen van die besittings is in die verdagtes se besit gevind nie en dat die polisie se ondersoek voortgaan.

Maroela Media het vroeër berig vier mense is verlede week in drie verskillende plaasaanvalle in die Vrystaat vermoor. Johannes du Randt, ʼn boer van Ladybrand, is ook Donderdag wreed op sy plaas vermoor. ʼn 87-jarige boer van die Parys-distrik is Woensdagaand aangeval en met ʼn hamer geslaan. Hy is later die week aan sy beserings dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ouma ·

Weet jy!! Dan se hulle ons mag nie haat nie!! Waarvoor doen hulle dit? Weet ons al in totaal hoeveel boere is al op hulle plase so afgemaai? Skande!! Oorsee se mense kom nie meer nie! Verloor baie toeriste inkomstes daardeur! Maar dis nie die punt nie!! Ons NAAM is daarmee heen! En dit kan geen geld terwereld terugkoop nie!! Help!!

My mening ·

Dra jou vuurwapen altyd, dag en nag aan jou lyf of naby jou. Kyk na jou honde se optredes wanneer jy tuis kom veral in die nag en hou jou wapen reg. Sluit sover moontlik jou huis se deure wanneer jy binne is. Buitesensors help ook. Onthou dat jy dalk die volgende kan wees. Ek glo dat jy ‘n beter kans sal hê. Ek bly alleen en doen dit.

Petronel ·

Sommer met ‘n hamer doodgeslaan. Google “Dnepropetrovsk maniacs” as julle wil sien hoe lyk dit as ‘n oumens met ‘n hamer doodgeslaan word. Die vlak van sadisme is skrikwekkend.

Wally Walters ·

Jy is weerloos kan nie optree voordat jy aangeval word dan is dit te laat.verrassings element altyd aan die aanvaller se kant

Ange ·

Ek glo lankal nie meer dat die motief net roof is nie. As die motief net roof was sou skelms gewag het tot die mense nie tuis is nie. Die feit dat hulle juis wag vir mense om tuis te kom of vir mense on te gaan slaap se vir my hulle wil mense doodmaak.

Wanneer gaan die polisie eerlik begin wees oor (veral) plaasaanvalle?

Ljl ·

Ek vra weer hoekom is die 3 suster kerke so stil, is hulle net daar om te skep ??????

Jannie ·

Al die kerke is maar so stil. Hier by ons word daar nie ‘n woord gerep oor due wrede moorde nie maar elke Sondag staan die ou troussea kis oop vir die tiendes.

Jannie ·

Al die kerke is maar so stil. Hier by ons word daar nie ‘n woord gerep oor die wrede moorde nie maar elke Sondag staan die ou troussea kis oop vir die tiendes.

Boerin ·

Oorlog is teen boere verklaar. Niemand doen iets nie. Die wat die jurisdiksie het, se handjies is afgekap en kan slegs re-aktief optree. Dit is ons land se leiers se skuld. Die gematigde swart en wit persoon veroordeel plaasmoorde, maar doen ook niks daaraan nie. Die buiteland hoor nog steeds nie die pleidooi van die boere nie en nog ‘n Zimbabwe is aan die gebeur. Die konstante vrees waarmee die boere moet leef is onaanvaarbaar.

Vryheid ·

Verstaan net dat niemand ongee vir wat in Afrika aan die gang is nie. Die buite land staan en toekyk met groot oe maar lag in hulle mou.

laetitia ·

Absoluut skandelik hoe boere goedsmoeds doodgemaak word. Sies!!!!!

Se maar net ·

Dit help nie ons se sies en hoe walglik dit is nie. Die punt is ons land se ekonomie is klaar in sy dinges in ons reputasie is weg. Die buitelanders lag in ons gesigte vir ons leierskap. S.A. was eens n trotse land met mense wat kon saam baklei as ons moes en ook saam feesvier as die geleentheid hom voordoen. Maar ons het niks om te vier nie. Die mense wat nog probeer ons land te voed en bou word een vir een uit gemoor (met n groter wordende mate van wreedheid) en ons doen niks!
As daar iemand is wat aanjaag in baie swart gemeenskappe
sorg die gemeenskap vir daardie persoon se vervolging sonder dat n haan ernstig daaroor kraai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.